Spekulasie loop oop oor Ithete se afdankingOctober 27, 2025

Die adjunk-eerste minister en energieminister, Natangwe Ithete, is Sondag deur president Netumbo Nandi-Ndaitwah afgedank. Sy het nie redes verskaf nie en media spekuleer vanoggend dat dit moontlik kan wees oor sy ondersteuning vir in-situ-loging van uraan by Leonardville, sowel as sy rol by Nida en die verkoop van 200 hektaar se grond aan die kus vir ‘n baie laer prys. Ander media sê weer dat sy afdanking handel oor aantygings rakende die moratorium op nuwe olie-ooreenkomste en dat hy ‘n eksplorasie-lisensie sonder goedkeuring hernu het. Volgens Namibian Sun is dit Paragon Holdings se lisensie. Nandi-Ndaitwah sal intussen die ministerie hanteer en vergader vandag met sy personeel. Ithete bly aan die Nasionale Vergadering.