Galp is oopkop oor toekoms maar wil 40% verkoopOctober 28, 2025
Galp Energia sê hy bly oopkop oor die pad vorentoe na hy ongeveer 10 miljard vate olie in sy Mopane-kompleks in die Oranje-bekken ontdek het. Galp se strategie vir waardasie, ontwikkeling en risikodeling word nog bepaal maar die maatskappy kyk daarna om ‘n aandeel te verkoop, na bewering tot 40 persent van sy 80 persent belang. Die doel is om waarde te kristalliseer, die aansienlike belegging en tegniese risiko van die ontwikkeling van ‘n diepwaterprojek te deel, en ‘n hoogs ervare vennoot met sterk uitvoeringskapasiteit in te bring om ontwikkeling te versnel. Hy is van voorneme om die operateur te bly en is in gevorderde gesprekke met verskeie groot oliemaatskappye.