Rundu handelskou lok 206 uitstallers, Afrika-landeOctober 28, 2025
Die Rundu jaarlikse handelskou is amptelik deur visepresident Lucia Witbooi geopen, wat die belangrikheid van sulke skoue uitgelig het. Sy sê hul invloed is veel meer as net koop en verkoop, want dit bemagtig en versterk streeks-ekonomiese groei. Die skou het aansienlik gegroei sedert die eerste een in 2016 aangebied is en verlede jaar was daar 133 uitstallers. Vanjaar is daar 206 uitstallers, wat deelnemers insluit van Afrika-lande soos Tanzanië, Kameroen en Kenia. Die skou word gehou onder die tema “Bemagtiging van entrepreneurs vir volhoubare groei”.