Nog vier bote in Stille Oseaan verwoesOctober 29, 2025
Die Amerikaanse weermag het op vier bote toegeslaan wat vermoedelik dwelms in die oostelike Stille Oseaan vervoer het. Veertien mense is dood en een het oorleef. Die minister van Verdediging, Pete Hegseth, sê intelligensie was bewus van die bote wat op bekende dwelmhandelroetes gevaar het met dwelms aan boord. Die jongste operasie bring die aantal sterftes op byna 60 te staan in meer as tien aanvalle sedert die begin van September. Die aanvalle word veroordeel in die streek en kenners bevraagteken die wettigheid daarvan.