Orkaan Melissa sit verwoesting voort in KubaOctober 29, 2025
Orkaan Melissa het Kuba getref met winde van meer as 165km/h, terwyl Jamaika wakker word te midde van groot verwoesting. Die Amerikaanse nasionale orkaansentrum waarsku dat die ooste van Kuba sal deurloop onder lewensgevaarlike en potensieel katastrofiese kitsvloede met talle grondverskuiwings, en ‘n gevaarlike stormstuwing. Die sentrum sê Jamaika sal na verwagting steeds donderweer, katastrofiese kitsvloede en talle grondverskuiwings in die gesig staar, terwyl orkaan-kondisies en kitsvloede in die Bahamas sal voorkom. Opdaterings uit Jamaika is skraps omdat meeste van die eiland nie krag het nie. Die internasionale lughawe by Kingston sal glo vir ten minste nog 24 uur gesluit bly.