NHE kort N$76 miljard, projekteer inkomste van N$4,4 miljardOctober 30, 2025
Die Nasionale Behuisingsonderneming sal 76 miljard Namibiese dollar benodig om Namibië se behuisingsagterstand van ongeveer 300 000 eenhede aan te spreek. Die voorsitter van die onderneming se raad, Toska Sem, sê die land se behuisingskrisis word gedryf deur beperkte gedienste grond, hoë konstruksiekoste en onvoldoende befondsing. Sy erken die land het ‘n behuisingskrisis. Volgens Sem het die onderneming ‘n totale inkomste van 4,4 miljard dollar oor die volgende vyf jaar geprojekteer as deel van ‘n nuwe finansiële strategie wat ontwerp is om die organisasie se volhoubaarheid en lewensvatbaarheid te verseker.