WGO veroordeel moord van pasiënte in Soedan October 30, 2025
Die Wêreldgesondheidsorganisasie veroordeel die moord op meer as 460 pasiënte en ontvoering van ses gesondheidswerkers by die Saudi-kraaminrigting in El Fasher, Soedan. Die WGO het voor die jongste aanval reeds 185 aanvalle op gesondheidsorgfasiliteite in Soedan bevestig sedert die konflik in April 2023 begin het. In dié tydperk is 1 204 pasiënte en personeellede dood en 416 is beseer. Nege-en-veertig van hierdie aanvalle het vanjaar plaasgevind. Die WGO sê alle aanvalle op gesondheidsorg moet onmiddellik gestaak word.