Rusland toets Poseidon met suksesOctober 30, 2025

Rusland sê hy het ‘n kernkrag-aangedrewe onderwater-hommeltuig suksesvol getoets. Militêre ontleders glo die supertorpedo is in staat om kusstreke te verwoes deur enorme radioaktiewe oseaangolwe te veroorsaak. Die toets van die Poseidon was in weerwil van die Amerikaanse president Donald Trump wat ditas ongepas beskryf het. President Vladimir Putin sê die hommeltuig-torpedo is ongeëwenaard in spoed en diepte en dat daar geen manier is om dit te onderskep nie.