Weimers-Maasdorp moordsaak begin in Januarie 2026October 30, 2025
Aanklaer-generaal Martha Imalwa het gelas dat Wentzel Maasdorp, wat van moord op die 40-jarige Delia Weimers-Maasdorp aangekla word, in die Windhoekse hoërhof verhoor word. Weimers-Maasdorp, ‘n werknemer van Nust, is in April verlede jaar dood in haar Klein Windhoek-woonstel aangetref. Haar liggaam was in ‘n kombers toegedraai met tou daarom vasgebind. Die staat voer aan dat Maasdorp haar doodgewurg het voordat hy van die toneel gevlug het, van haar besittings verkoop het en na die noorde van Namibië gereis het, waar hy later in hegtenis geneem is. ’n Voorverhoorkonferensie is vir 21 Januarie 2026 geskeduleer.