Fishrotters hoor (dalk) vandag oor verskuiwingOctober 31, 2025
Uitspraak word vandag verwag in die Fishrot-lot se aansoek om uit die algemene bevolking, of te wel, Echo-afdeling van die gevangenis, verskuif te word. Dit is op 30 September uitgestel. Die aansoek is teen die minister van veiligheid en sekuriteit. James Hatuikulipi, en vyf ander beweer hulle dat korrektiewe owerhede bewus is van die dreigemente wat die groep ontvang van ander gevangenes. Hy beweer hulle word getart, en word daarvan beskuldig dat hulle gesteel het en al die vis geëet het. Hy sê verder hulle kan nie voldoende voorberei vir hulle verhoor nie. Regter Orben Sibeya is op die bank.