Okahandja-tiener steek glo kêrel met mes doodNovember 2, 2025

‘n Tienermeisie van 17 jaar is Saterdagmiddag in Okahandja in hegtenis geneem ná sy glo haar 23-jarige kêrel tydens ‘n rusie oor geld vir inkopies met ‘n mes doodgesteek het. Die oorledene se suster het met hom in ‘n taxi na die hospitaal gejaag, maar hy is met sy aankoms dood verklaar. Die verdagte het haarself later aan die polisie oorhandig en sal na verwagting môre in die landdroshof op die dorp verskyn.