Ruda SchoemanFebruary 10, 2022

Ruda ontgin haar liefde vir en talent in dramatiese kunste en Afrikaans reeds tydens haar skoolloopbaan, waar sy vanaf laerskool deelgeneem het aan redenaars, toneel en Eisteddfods. In 2014 behaal Ruda die tweede plek landswyd in die Suid-Afrikaanse Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans (GHA) se digkompetisie vir laerskole. In 2018 ontvang sy die toekenning vir die beste algehele solo-opvoering by Napso se landswye Eisteddfod. Ruda was ook die eerste redakteur van Privaatskool Elnatan se skoolkoerant Hardap-Hartklop, in haar matriekjaar iin 2019.

Ruda is tans besig om haar LLB-graad te voltooi aan die Afrikaanse e-leeruniversiteit, Akademia, en beplan om haarself in die toekoms toe te wy aan verdere studies. Gedurende die tyd wat sy haar LLB-graad voltooi, het sy as menslike hulpbronbestuurder gepraktiseer. Sy het ook sy haar groot liefde vir diere belê in diere-oppasdienste wat sy sedert 2022 aanbied.

Ruda is baie opgewonde om haar loopbaan as radio-omroeper by Kosmos 94.1 te begin as deel van die gewilde middagprogram, “Vasbyt”, saam met JP Nel, wat weeksdae tussen 14:00 en 18:00 uitgesaai word.

Ruda se groot passie vir opvoering, uitstekende Afrikaanse taalvaardighede en die feit dat sy nog altyd geweet sy het ‘n stem vir radio, verseker ‘n nuwe jong en verfrissende stem in die mediawêreld van Namibië.