Aktrise, politikus Glenda Jackson sterfJune 16, 2023
Die tweemalige Oscar-bekroonde Britse aktrise Glenda Jackson is in die ouderdom van 87 oorlede. Haar agent, Lionel Larner, sê sy het na ‘n kort siekbed in haar huis in Londen gesterf. Jackson het onlangs eers die verfilming van The Great Escaper voltooi saam met nog ‘n Britse veteraan, die 90-jarige Michael Caine. Jackson het Oscars gewen vir die beste aktrise in Women in Love in 1970 en A Touch of Class in 1973. Sy het in die 1990’s die politiek betree en later in eerste minister Tony Blair se regering gedien as adjunkminister van vervoer.