Khomas-streekstraad vra samewerking van boere vir ondersoekJune 24, 2023
Die Khomas-streeksraad het die Namibiese Landbou-unie ingelig dat die jaarlikse kwesbaarheid-lewensbestaan-bepaling vir die jaar 2023 binne die Windhoek-landelike kiesafdeling begin het en tot 7 Julie sal voortduur. Die streekraad doen ‘n beroep op samewerking van boere oor die beplande onderhoude wat met hulle en hul plaaswerkers gevoer sal word. Personeellede met gemerkte regeringsvoertuie sal plase besoek. Boere word gevra om toegang aan die ondersoekers tot hul plase te verskaf.