Wagner-groep wil glo Russiese regering ontsetelJune 24, 2023

Berigte uit Rusland lui die hoof van die Wagner-huursoldategroep sê hulle gaan alles in die stryd werp om die Russiese militêre leierskap omver te werp. Dit het gebeur ure na die Kremlin hom van ‘n gewapende rebellie beskuldig het. Yevgeny Prigozhin sê sy Wagner-vegters het die grens van Oekraïne oorgesteek en die stad van Rostov-on-Don in die suide van Rusland binne gegaan.  Die BBC haal die plaaslike goewerneur aan wat inwoners aanraai om kalm te bly en binneshuis te bly.