Ysland is vreedsaamste land ter wêreldJuly 6, 2023

Ysland is vir die 15de agtereenvolgende jaar bo aan die ranglys vir die vreedsaamste land in die wêreld. Dit is volgens die Instituut vir Ekonomie en Vrede se jaarlikse 2023 Indeks vir Wêreldvrede. Denemarke, Ierland, Nieu-Seeland en Oostenryk maak die res van die top vyf uit. Namibië is 56ste geplaas  met Suid-Afrika op nommer 130 uit 163 op die lys. Volgens die instituut het die 25 lande met die minste vrede sedert 2008 gemiddeld met 12,1-persent verswak, terwyl die 25 vreedsaamste lande met 4,3-persent verbeter het.