NNN-taakspanne gaan uitdagings takel - November 2, 2025
President Netumbo Nandi-Ndaitwah gaan drie taakspanne aanwys om die land se ekonomiese-, behuisings- en gesondheidsuitdagings te takel, het sy Saterdag tydens die opening van die sake-ekspo op Helao Nafidi in Ohangwena gesê. Die regering en die private sektor moet die kwessies saam aanpak, sê sy.
Toegang tot grond kniehalter mynbou in Oos-Kaap - November 2, 2025
Die minister van grondhervorming en landelike ontwikkeling, Mzwanele Nyhontso, sê toegang tot grond bly ‘n groot uitdaging om mynbougeleenthede in die Oos-Kaap te ontsluit. Premier Oscar Mabuyane het by die derde jaarlikse Mynbou-befondsingsgeleentheid in Oos-Londen gesê die provinsie is ryk aan minerale soos titaan, kalk en steenkool, en beoog om mynbou te gebruik om werkskepping […]
Minstens 23 sterf in brand in Mexiko-winkel - November 2, 2025
Minstens 23 mense is dood en 11 beseer in ‘n brand wat Saterdag by ‘n afslagwinkel in Mexiko uitgebreek het. Verskeie plaaslike owerhede het die voorval in die noordwestelike stad Hermosillo as ‘n ontploffing beskryf, hoewel streekgoewerneur Alfonso Durazo sê die presiese oorsaak moet nog bepaal word. Die openbare veiligheidssekretariaat van die staat Sonora het […]
Vrouekrieket: SA trots op Proteas, sê Ramaphosa - November 2, 2025
President Cyril Ramaphosa het die Protea Vrouekrieketspan sukses toegewens met hul wedstryd vandag in die eindstryd van die Vrouekrieketwêreldbeker in Navi Mumbai, Indië. Wie ookal wen sal ‘n nuwe kampioen wees, en Ramaphosa noem dit ‘n geskiedkundige oomblik. Hy het die spelers aangemoedig om op die veld te gaan, die reuse te oorwin en die […]
Rundu se kontantkrisis verdiep - November 2, 2025
Rundu se finansiële probleme vererger, met die dorp se skuld wat nou op ‘n verstommende 588 miljoen Namibiese dollar staan. Uitvoerende hoof, Olavi Nathanael, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die bedrag elke jaar met byna 100 miljoen Namibiese dollar groei omdat inwoners steeds hul munisipale betalings verwaarloos. Hy waarsku dat noodsaaklike dienste en […]
Walmart maak debuut in Afrika - November 2, 2025
Die handelsreus Walmart het sy debuut in Afrika gemaak met die opening van sy eerste handelsmerkwinkel in die Clearwater-winkelsentrum in Johannesburg. Die winkel word deur Massmart bestuur. Die uitvoerende bestuurder van Massmart, Miles van Rensburg, sê die bekendstelling begin ‘n nuwe en betekenisvolle hoofstuk in Suid-Afrikaanse handel. Die winkelbestuurder Onicca Mothapo het 20 jaar verkoopsondervinding […]
Groot Egiptiese Museum spog met 50 000 antieke artefakte - November 2, 2025
‘n Versameling van goue skatte en oudhede wat die lewe in antieke Egipte uiteensit, sal in Kaïro se nuwe museum te sien wees, wat nou amptelik geopen is. Geleë in die skaduwee van die piramides, sal die Groot Egiptiese Museum die wêreld se grootste wees wat aan ‘n enkele beskawing toegewy is, met 50 000 […]
Gholf: Gary Player vier 90ste verjaardag - November 2, 2025
Die ikoniese gholfspeler Gary Player het Saterdag sy 90ste verjaardag gevier saam met familie, vriende, sakeleiers van oor die wêreld en ‘n keur van Suid-Afrika se grootste sportsterre en jong professionele gholfspelers. Die viering het saamgeval met die 36-putjie Gary & Vivienne Player Uitnodigingstoernooi wat op die Gary Player Buiteklub en die Lost City Gholfklub […]
Okahandja-tiener steek glo kêrel met mes dood - November 2, 2025
‘n Tienermeisie van 17 jaar is Saterdagmiddag in Okahandja in hegtenis geneem ná sy glo haar 23-jarige kêrel tydens ‘n rusie oor geld vir inkopies met ‘n mes doodgesteek het. Die oorledene se suster het met hom in ‘n taxi na die hospitaal gejaag, maar hy is met sy aankoms dood verklaar. Die verdagte het […]
ANC soek vinnige optrede met Madlanga-kommissie - November 2, 2025
Die sekretaris-generaal van die ANC Fikile Mbalula het wetstoepassingsagentskappe aangemoedig om vinnig op te tree en mense te arresteer as daar bewyse is en nie te wag vir die Madlanga-kommissie om klaar te maak nie. Mbalula se standpunt verskil van die ANC se siening in Julie toe die regsproses beklemtoon is. Die kommissie ondersoek korrupsie […]