Gesondheid stort mediese afval - October 31, 2025

The Namibian berig dat die gesondheidsministerie mediese afval stort in ‘n rivierbedding in Windhoek Wes, naby Sentrale Hopsitaal. Die publikasie sê prostese, baba-broeikaste, toiletpotte en selfs amptelike dokumente met die ministerie se briefhoof, fakture, en eisforms van die Katutura-hospitaal is ook gestort. Die woordvoerder Walters Kamaya wag vir terugvoering van die betrokke departement en het […]

Read More

Shivute verduidelik inkomste stelsel - October 31, 2025

Die middeltermyn-begroting is bekend, en die implikasies daarvan vir Namibië se ekonomie is beduidend. Van fiskale ontwikkelings tot opkomende ekonomiese tendense, dit was nog nooit belangriker om die impak te verstaan nie. FirstRand Namibia het hulle Jaarlikse Ekonomiese Begrotingsoorsig aangebied, wat uiteensit wat hierdie begrotingsjaar vir besighede, huishoudings en die nasie beteken. Die NamRA kommissaris, […]

Read More

Luthuli is nie dood in treinongeluk nie - October 31, 2025

Die Hooggeregshof in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, het bevind teen ‘n ondersoek van 1967 dat die destydse president van die ANC, Albert Luthuli, deur ‘n trein doodgery is. Regter Nompumelelo Hadebe het bevind bewyse stem nie ooreen met die oorspronklike gevolgtrekking nie, soos dat hy aangerand is voor sy liggaam op die spoor geplaas is. Forensiese kenners […]

Read More

VN moet toetree in Soedan - October 31, 2025

Die Verenigde Nasies sê die oorlog in Soedan kom neer op versuim om internasionale reg te beskerm. Soedannese rebelle het regeringsmagte uit El Fasher verdryf wat die laaste vesting van die land se regime in die westelike Darfoer-streek was. Na raming is meer as 150 000 mense weens die konflik dood. Die VN-noodlenigingshoof, Tom Fletcher, […]

Read More

Fishrotters hoor (dalk) vandag oor verskuiwing - October 31, 2025

Uitspraak word vandag verwag in die Fishrot-lot se aansoek om uit die algemene bevolking, of te wel, Echo-afdeling van die gevangenis, verskuif te word. Dit is op 30 September uitgestel. Die aansoek is teen die minister van veiligheid en sekuriteit. James Hatuikulipi, en vyf ander beweer hulle dat korrektiewe owerhede bewus is van die dreigemente […]

Read More

Mashatile beklemtoon verbintenis tot kleinskaalse boere - October 31, 2025

Adjunkpresident Paul Mashatile sê die bemagtiging van kleinskaalse en voorheen benadeelde boere is die sleutel tot die transformasie van die landbousektor. Mashatile het in antwoord op vrae in die Nasionale Vergadering gesê die regering se voortgesette grondhervorming en die vrystelling van staatsgrond toon sy verbintenis om opkomende swart boere te help om aan kommersiële landbou […]

Read More

Oorskot van nog twee gyselaars oorhandig - October 31, 2025

Israel sê hy het via die Rooi Kruis in Gaza die oorskot ontvang van wat Hamas beweer nog twee oorlede gyselaars is. Die liggame is vermoedelik die van Amiram Cooper en Sahar Baruch. Indien dit deur identifikasie bevestig word, is daar nog elf liggame wat in Gaza oorbly. Die oordrag van die oorskot kom net […]

Read More

Vrae in VSA oor of dit werklik gaan oor ‘narco terrorists’ - October 31, 2025

Daar is bronne in die Amerikaanse weermag wat aan internasionale nuusagentskappe gesê het dat die aanvalle op verskeie bote in die Stille Oseaan, sowel as die opbou van Amerikaanse magte in Puerto Rico en die vragskip Gerald Ford wat ook op pad is, handel oor Nicolas Maduro se regering in Venezuela. Die Amerikaanse administrasie wil […]

Read More

Amper 7,5 miljoen kubiek in een week uit damme onttrek - October 31, 2025

Net meer as 7,44 miljoen kubieke meter is in die afgelope week uit die land se damme benut. Volgens NamWater se jongste damverslag is 1,5 miljoen kubiek benut in die sentrale damme met bronne tans op 67,5 persent. In die Suide is ‘n reuse 3 miljoen kubiek uit Hardap onttrek met die dam op 59,9 […]

Read More

Unam keer hard teen aanlyndobbel onder studente - October 31, 2025

Daar is groot kommer in die buurland oor studente wat die fondse wat hulle van die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente kry, misbruik om aanlyn te dobbel. Wisselvallige betalings van die hulpskema word gedeeltelik hiervoor blameer. Plaaslik sê Unam hulle het nog geen verslae ontvang dat dit hier gebeur nie. Unam-woordvoerder Simon Namesho het aan […]

Read More