Staatlose en ongedokumenteerde kinders in SA kort hulp - April 3, 2025

Die Suider-Afrika-netwerk vir Immigrante en Vlugtelinge het gevra vir dringende aksie oor die toenemende aantal staatlose en ongedokumenteerde kinders in Suid-Afrika, veral die kinders van vlugteling- en migrante-ouers. Die hoof van Programme en Vennootskappe, Claude Marie Bernard Kayitare, sê hierdie kinders staar struikelblokke in die gesig wat opvoeding, gesondheidsorg en regshulp betref. Die organisasie doen […]

Read More

Trump-tariewe: EU-boere vra onderhandeling eerder as vergelding - April 3, 2025

Europese boere het die Europese Unie aangemoedig om onderhandelinge te stel bo vergelding vir die Amerikaanse president, Donald Trump, se tariefaanslag en waarsku teen ‘n handelsoorlog. Die pan-Europese boeregroep, Copa-Cogeca, het Washington se 20 persent tarief op alle EU-goedere veroordeel en sê dit kan lei tot die ontwrigting van wêreldwye voorsieningskettings, asook prysverhogings. Brussel het […]

Read More

Namibië se wynlus groot - April 3, 2025

Namibiërs se wyndors het in Februarie vanjaar tot invoere van sowat 67,2 miljoen Namibiese dollar gelei. Wyn is hoofsaaklik uit Suid-Afrika se Frankryk ingevoer, toon die Namibiese Statistiekagentskap se jongste handelsdata. Op sy beurt het Namibië ook wyn uitgevoer, maar dit was hoofsaaklik heruitvoere ter waarde van 5,5 miljoen dollar. Dié uitvoere was veral vir […]

Read More

KKNK vereer kunstenaars - April 3, 2025

Die 29ste Klein Karoo Nasionale Kunstefees op Oudtshoorn is in volle swang. Vyf individue word vanjaar vir hul bydraes tot die kunste vereer insluitende akteurs, Marion Holm en June van Merch, die musiekgroep Die Heuwels Fantasties, musiekmeester John Theodore, en bekroonde visuele kunstenaar Henk Serfontein. Alhoewel die kultuur van die fees met die jare verander, […]

Read More

Hongarye verlaat Internasionale Strafhof - April 3, 2025

Hongarye het aangekondig hy gaan die Internasionale Strafhof verlaat, terwyl premier Viktor Orban gasheer gespeel het vir sy Israeliese eweknie, Benjamin Netanyahu. Die hof het Netanyahu beskuldig van oorlogsmisdade in Gaza. Die regeringsaankondiging vir die begin van die jaarlange onttrekkingsproses het saamgeval met Orban se verwelkoming van Netanyahu in die hoofstad Boedapest op sy eerste […]

Read More

Blitsbokke wil seisoen sterk afsluit - April 3, 2025

Blitsbok Siviwe Soyizwapi sê hulle speel in die Singapoer-toernooi met ‘n duidelike doelwit om die seisoen sterk af te sluit. Die Blitsbokke het laas naweek in Hongkong klei getrap en negende geëindig nadat hulle nie die kwarteindrondte gehaal het nie. Suid-Afrika is vierde op die punteleer met 66 punte, met die voorlopers Argentinië op 88. […]

Read More

Lüderitz kry eerste inkopiesentrum  - April 3, 2025

Safland Property Group beplan om Lüderitz se eerste inkopiesentrum te bou, ‘n ontwikkeling van 210 miljoen Namibiese dollar. Die sentrum sal na verwagting in November 2026 sy deure open. Die projek gaan 200 werksgeleenthede in die konstruksiefase skep, terwyl 250 permanente posisies in die bedryfsfase beskikbaar sal wees. Die projek is deel van Safland se […]

Read More

Krieket: Namibië se juniors klop Uganda  - April 3, 2025

Namibië se junior krieketspan, die Walvis Bay Salt Eagles, het Uganda se Baby Cricket Cranes met 121 lopies geklop by die kwalifiserende toernooi vir Afrika-spanne vir die 2026 Onder-19 Wêreldbeker. Namibië het die loot gewen in die reën-geraakte kragmeting by die Lagos University Oval in Nigerië en eerste gekolf. Namibië het 139 vir 3 in […]

Read More

Koskrisis by staatskole se koshuise dreig  - April 3, 2025

Staatskoolkoshuise het net genoeg kosvoorraad vir ‘n week, sê die onderwysministerie. Onsekerheid heers oor die situasie daarna, aangesien die ministerie nog nie ‘n nuwe verskaffer het nie. Dit volg ná ‘n regsgeding oor die toestaan van ‘n tender van 300 miljoen Namibiese dollar vir die verskaffing van voedsel aan koshuise. Die ministerie het die finansministerie […]

Read More

Reën sorg vir groot waterprobleme op Otjiwarongo  - April 3, 2025

Op Otjiwarongo loop krane baie stadig weens ‘n groot daling in die watervlak van die dorp se hoofreservoir. Volgens NamWater is dié reservoir tans net 18 persent vol. Groot uitdagings met watervoorsiening word ondervind ná swaar reën kragonderbrekings by die Buffelshoek-pompstasie veroorsaak het. Een van die motors van die stasie het ook uitgebrand. Dus is watervoorsiening van […]

Read More