Jagseisoen weer ‘n heenkome vir baie  - April 3, 2025

Die jagseisoen in Namibië het afgeskop, ‘n bedryf met ‘n jaarlikse omset van sowat 350 miljoen Namibiese dollar. Volgens die Namibiese Professionele Jagvereniging het die bedryf verlede jaar 16 000 werksgeleenthede geskep. Kosmos 94.1 Nuus het met die president van Napha, Axel Cramer, oor voorwagtinge van die nuwe seisoen gepraat:   

Read More

Amushelelo en polisiehoof weer haaks - April 3, 2025

Die polisiehoof, luitenant-generaal Joseph Shikongo, en die aktivis Michael Amushelelo is weer haaks. Shikongo het kennis gegee dat hy Maandag ‘n dringende aansoek in die Windhoekse Hoërhof gaan bring dat Amushelelo beveel word om ‘n plasing op sy Facebook-blad te verwyder. Amushelelo maak in die plasing weer aantygings wat volgens Shikongo neerkom op minagting van […]

Read More

Skerper regulasies vir kuberveiligheid nodig  - April 3, 2025

Namibië se telekommunikasiesektor staar toenemende kuberrisiko’s in die gesig in die afwesigheid van ‘n regulatoriese raamwerk. Voorgestelde oplossings sluit selfregulasie, gesamentlike regulasie en wetgewing in. Die wetsontwerp op kuberveiligheid van 2021 het wel veiligheid verskerp, maar spesifieke regulasies is nodig om verbruikers en nasionale veiligheid te beskerm. Die Regulerende Owerheid van Kommunikasie in Namibië, Cran, […]

Read More

SA justisieminister ongelukkig oor evangelis-uitspraak  - April 3, 2025

Die minister van justisie, Mmamoloko Kubayi, het haar diep kommer uitgespreek oor die hantering van die saak teen Nigeriese televisie-evangelis Timothy Omotoso nadat hy op alle klagtes, insluitende verkragting en mensehandel vrygespreek is. Regter Irma Schoeman het die aanklaer se swak kruisondervraging gekritiseer. Kubayi het ‘n volledige verslag van die Nasionale Vervolgingsgesag aangevra om die […]

Read More

Soektog na MH370-wrak opgeskort  - April 3, 2025

Die jongste soektog na Malaysia Airlines-vlug MH370 is opgeskort. Maleisië het ‘n ooreenkoms met die firma Ocean Infinity om die soektog na die wrak van vlug MH370 te hervat. “Hulle het die operasie vir eers gestaak. Hulle sal die soektog aan die einde van die jaar hervat,” het Anthony Loke, minister van vervoer van Maleisië, […]

Read More

Liam Lawson geskok oor F1-besluit  - April 3, 2025

Die Nieu-Seelander Liam Lawson erken hy was geskok toe Red Bull hom na Racing Bulls afgradeer het na net twee wedrenne in die Formule Een-seisoen. Hy is na sy powere vertonings in Australië en Sjanghai vervang met Racing Bulls se Japanese renjaer, Yuki Tsunoda, wat sy langverwagte kans in die hoofspan kry. Lawson sê hy […]

Read More

Avisdam maak plek vir nóg water  - April 3, 2025

Deurdringende reën in die opvangsgebied van die Avisdam het die Windhoekse munisipaliteit vanoggend genoop om die dam se sluise oop te maak en water op ‘n beheerde manier uit te laat. Dit maak plek vir nuwe invloei in die dam sou die reën vererger. Kosmos 94.1 Nuus het met Riaan Jansen van Vuuren, die stasiebestuurder […]

Read More

SA stres oor handel met VSA  - April 3, 2025

Die presidensie bekommerd oor die nuwe tariewe wat ingestel word op Suid-Afrikaanse uitvoere na Amerika. Suid-Afrika is een van 60 lande wat president Donald Trump uitgesonder het vir hoër tariewe. President Cyril Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê die tariewe van 30 persent beklemtoon die dringendheid om ʼn nuwe bilaterale en wedersyds voordelige handelsooreenkoms met […]

Read More

Olie bekruip Amasone-reënwoud  - April 3, 2025

Die Amasone-reënwoud ontaard in ‘n groot oliegrens, waarin byna 20 persent van die wêreldwye olie- en gasreserwes is wat sedert 2022 geïdentifiseer is. Hierdie uitbreiding bedreig die ekostelsel en inheemse gemeenskappe. Climate Home News berig meer as 80 oliegebiede oorvleuel met voorvaderlike grond en 38 is in beskermde gebiede. Lande soos Brasilië, Guyana en Ecuador gaan voort […]

Read More

Groot rugby-aksie in SA dié naweek  - April 3, 2025

Die Vrystaat-derby tussen die Cheetahs en Griffons is een van die belangrike wedstryde in die vyfde ronde van die SA-beker. Die SWD Arende sal die naweek se aksie môre afskop wanneer hulle gasheer is vir die Valke in George. Die Pumas behoort te veel skietgoed te hê vir die Border Bulldogs wat onder aan die […]

Read More