Die veld is welig, maar oppas vir veldbrande later - April 3, 2025

Die veld, bosse en woude is welig na die goeie reën wat landswyd uitgesak het en boere is verheug, maar daar skuil ‘n gevaar. Die verhoogde veldbedekking kan in die droë seisoen tot veldbrande lei. Bewusmakingsveldtogte is in gemeenskappe begin om bewustheid oor die moontlike gevare te skep. Die hoofbosboukundige vir die Kavango-Oos en –Wesstreke, […]

Read More

Cheryl Zondi verpletter deur Omotoso-uitspraak - April 3, 2025

Een van die beweerde slagoffers van die Nigeriese televangelis Timothy Omotoso, Cheryl Zondi, het haar teleurstelling uitgespreek oor die vryspreking van Omotoso en sy twee medebeskuldigdes op 32 aanklagtes. Zondi, wat in die verkragting- en mensehandelsaak getuig het, het gepraat oor die misbruik wat sy tydens internasionale kerkreise deurgegaan het. Sy sê die uitspraak ontken […]

Read More

Wêreldwye misdaadoptrede oor Kidflix lei tot 79 arrestasies - April 3, 2025

‘n Wêreldwye misdaadoperasie op ‘n webwerf op die donker web het gelei tot 79 arrestasies wêreldwyd. Kidflix is een van die grootste platforms vir die seksuele uitbuiting van kinders. Die operasie, ondersteun deur Europol, het een-duisend-393 verdagtes geïdentifiseer en gelei tot die beslaglegging van meer as 91-duisend video’s waarin kinders seksueel misbruik word. Kidflix, wat […]

Read More

New York-burgemeester se misdaadsaak verwerp - April 3, 2025

ʼn Federale regter in Manhattan het die strafregtelike saak teen die stad New York se burgemeester, Eric Adams, permanent verwerp. Hy is in September aangekla van omkopery, telekommunikasiebedrog, sameswering en dat hy veldtog-bydraes van buitelanders ontvang het in ruil vir politieke gunste. Regter Dale Ho sê sy besluit om die saak permanent te verwerp, verseker […]

Read More

Trump se tariewe sal Namibië nie direk raak: kenner - April 3, 2025

Amerikaanse president Donald Trump se algemene invoertariewe van tien-persent op alle invoere na Amerika, is besig om skokgolwe deur die wêreld te stuur. Suid-Afrika word erg geraak met totale tariewe van 30 persent, wat die land se ekonomie sal benadeel. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Dr. Roelof Botha, ‘n finansiële adviseur by Optimum Group, […]

Read More

Kabinet maak planne vir sprinkaan-uitbraak - April 3, 2025

Die eerste besluitnemende kabinetsvergadering van die agtste administrasie is afgehandel. Die kabinet het kennis geneem van ‘n moontlike sprinkaanplaag-uitbraak in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap, na die goeie reënval. Die kabinet het die landbouministerie gerig om bewustheid van moontlike uitbrake van sprinkane en ander peste onder gemeenskappe te bevorder, asook hoe om dit te beveg. Die verdedigingministerie […]

Read More

GIPF belê N$1,58 miljard oor 5 jaar in bekostigbare behuising - April 3, 2025

Die Regeringsinstellingspensioenfonds, GIPF, sê dit het die afgelope vyf jaar 1,58 miljard Namibiese dollar in bekostigbare behuising en 1,5 miljard dollar in verbandfinansiering belê. Dit het gelei tot die konstruksie van 7 840 huise en die diens van 5 884 erwe regoor Namibië. Dit vorm deel van die 9 miljard dollar wat die fonds in […]

Read More

Kunene by Ruacana loop weer oop - April 3, 2025

Die Kunene-rivier by Ruacana donder weer oor die valle teen 1 678,7 kubieke meter per sekonde, sowat drie keer die volume as dieselfde tyd verlede jaar. Die Zambezi by Katima Mulilo styg steeds en het 4,52 meter gemeet met die laaste lesing. Dit is hoër as die 1,28 meter wat op dieselfde tyd verlede jaar […]

Read More

Handelsbalans verlaag na N$2 miljard tekort - April 3, 2025

Die land se handelsbalans het in Februarie op ‘n tekort van 2 miljard Namibiese dollar te staan gekom, ‘n verbetering in vergelyking met ‘n tekort van 2,7 miljard dollar in Januarie en 3,9 miljard dollar in Februarie verlede jaar. Suid-Afrika was die land se top handelsvennoot in beide invoere en uitvoere. Uitvoere is oudergewoonte oorheers […]

Read More

Cyril dink oor DA as regeringsvennoot - April 3, 2025

Die Presidensie sê president Cyril Ramaphosa gaan sy tyd neem om na te dink oor die pad vorentoe met die DA as regeringsvennoot nadat die party teen die fiskale begrotingsraamwerk gestem het. Die begroting is aanvaar nadat 194 parlementslede daarvoor en 182 daarteen gestem het. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê dit gaan vir die […]

Read More