Trump-tariewe ‘n slag vir wêreldekonomie: EU - April 3, 2025
Die Europese Unie sê die universele tariewe wat president Donald Trump aangekondig het, is ʼn groot slag vir sakeondernemings en verbruikers wêreldwyd. Amerika stel ʼn algemene tarief van tien-persent in op alle invoere, en selfs hoër tariewe op 60 lande wat Suid-Afrika insluit. Dié lande het ʼn groot handelstekort met Amerika. Die Europese Kommissie se […]
Tussentydse Ierse afrigter stel drie hulpafrigters aan - April 3, 2025
Rugby: Ierland se tussentydse afrigter, Paul O’Connell, het Denis Leamy, Mike Prendergast en Colm Tucker as sy hulpafrigters aangestel vir die komende toetse teen Georgië en Portugal. O’Connell het oorgeneem by Simon Easterby wat nou aan die Britse en Ierse Leeus verbonde is onder die voltydse Ierse afrigter, Andy Farrell. Leamy is sedert 2022 Munster […]
Oshikoto-streekraad hersien strategiese planne - April 3, 2025
Die Oshikoto-streekraad is besig om sy uitgebreide strategiese plan en die 2025 finansiële jaarwerkplan te hersien om dienslewering te verbeter. Die nuwe strategiese plan sal ses jaar duur, met die fokus op die evaluering van planne uit die verlede, die aanspreek van tekortkominge en die reaksie op gemeenskapsbehoeftes. Voorsitter Samuel Shivute het verbeterings in die […]
DA gaan hof toe oor goedkeuring van begroting - April 3, 2025
Die DA sê hy sal vandag stukke by die Wes-Kaapse Hooggeregshof indien om onder meer die Parlement se goedkeuring van die 2025/2026 nasionale begroting te betwis. Die begroting is goedgekeur met 194 stemme teenoor 182 stemme. Willie Aucamp van die DA sê hulle het die voorstelle van die minister van Finansies, Enoch Godongwana, insluitend die […]
Pasaangeëer kleiner as ryskorrel ontwikkel - April 3, 2025
Wetenskaplikes sê hulle het die wêreld se kleinste pasaangeëer ontwikkel. Dit is ‘n tydelike polsslag reguleerder wat kleiner as ‘n ryskorrel is. Dit word ingespuit en deur lig beheer voor dit oplos. Terwyl dit nog jare is voor menslike toetse moontlik is, word die draadlose hartklopapparaat beskou as ‘n transformerende deurbraak wat vooruitgang in ander […]
Punjab-kolwers prys afrigter Ponting na groot verbetering - April 3, 2025
Krieket: Punjab Kings se kolwers sê hulle nuwe afrigter, Ricky Ponting, het reeds ‘n positiewe uitwerking op vanjaar se Indiese Premierliga. Die span is tans tweede op die punteleer na Royal Challengers Bengaluru nadat albei hulle eerste twee wedstryde gewen het. Punjab het in September ‘n vierjaar-kontrak met die voormalige Australiese kaptein gesluit nadat hulle […]
Windhoek munisipale raad kyk na elektriese busse - April 3, 2025
Die Windhoek munisipale raad beplan om lae-koolstof elektriese busse te bekom as deel van pogings om openbare vervoer te verbeter en verkeersopeenhopings in die hoofstad te verminder. Dit volg op die raad se goedkeuring om die lae-koolstof-openbare vervoerinisiatief onder die Move Windhoek-projek te laat herleef. Die munisipaliteit sal ‘n uitvoerbaarheidstudie doen om moontlike roetes te […]
Vaaldam op 107%, derde sluis oopgemaak - April 3, 2025
Die Departement van Water en Sanitasie het ʼn derde sluis by die Vaaldam oopgemaak om die uitvloei te verhoog en invloei te bestuur. Die dam se huidige watervlak staan op 107,30-persent. Die departement se woordvoerder, Wisane Mavasa, sê die groter uitvloei van die Vaaldam sal die Bloemhofdam na verwagting binne drie tot vier dae bereik […]
Eerste IATA grondhanteringskonferensie in Afrika kom na Kenia - April 3, 2025
Kenia is gereed om die eerste Internasionale Lugvervoervereniging, IATA, grondhanteringskonferensie in Afrika van 13 tot 15 Mei in Nairobi aan te bied. Die president van Kenia, William Ruto, het die rol van lugvaart in die ekonomiese groei van Afrika beklemtoon. Die 37ste IATA grondhanteringskonferensie se belangrikste besprekings sal fokus op grondbedrywighede, bagasiebestuur en innovering. Die […]
Engeland se Cara Gainer lei sterk groep by Joburg Vroue Ope - April 3, 2025
Gholf: Die topgekeurde speler in die Vroue Europese Toer, Cara Gainer, sê sy sien uit om deel te neem aan die Johannesburgse Vroue Ope wat vandag by die Modderfontein-gholfklub afslaan. Die beroepspeler van Engeland neem die eerste keer sedert 2023 deel. Vanjaar se geleentheid sluit in die verdedigende kampioen, Chiara Tamburlini van Switserland, die Suid-Afrikaner […]