Trustco Life word Stanbury Life - April 3, 2025
Trustco Life Limited sal voortaan onder die handelmerk Stanbury Life sake doen, ná goedkeuring van die Namibiese Regulerende Owerheid vir Finansiële Instellings, Namfisa. Dié stap volg op ‘n terugkooptransaksie van aandele ter waarde van 468 miljoen Namibiese dollar in die moedermaatskappy, Legal Shield Holdings. Uitvoerende hoof Annette Brand het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Louis Liebenberg borgtog-aansoek uitgestel tot 2 Julie - April 3, 2025
Die borgtog-aansoek van die beweerde diamant-bedrieër Louis Liebenberg is in die Landdroshof in Bronkhorstspruit, Gauteng, tot 2 Julie uitgestel. Sy regspan het langer tyd gevra om met hom te beraadslaag. Liebenberg en sy agt medebeskuldigdes staan tereg op aanklagte van bedrog, rampokkery, geldwassery en oortreding van die Wet op Maatskappye. Hy het na bewering ‘n […]
Trump laat SA betaal met 30% invoertariewe - April 3, 2025
President Donald Trump het algemene tariewe van tien-persent aangekondig op alle invoere na Amerika, en dit word Saterdag van krag. Sekere lande sal hoër tariewe moet betaal wat op Amerikaanse handelstekorte gebaseer is. Suid-Afrikaanse uitvoere is onder dié wat die ergste geraak word, met tariewe van 30-persent. Trump het Suid-Afrika uitgesonder in sy aankondiging.
Perez hoop op terugkeer na Formule Een - April 3, 2025
Motorsport: Die Mexikaanse renjaer Sergio Perez hoop om volgende seisoen na Formule Een terug te keer nadat hy Red Bull einde verlede jaar verlaat het. Die 35-jarige kon in 2024 nie ‘n enkele wedren wen nie nadat hy in 2023 tweede was na sy Nederlandse spanmaat, Max Verstappen. Dit was sy swakste seisoen sedert hy […]
Huishoudelike krediet-groei steeds teen slakkepas - April 3, 2025
Krediet aan huishoudings in Februarie het met 2,6 persent jaar-op-jaar gegroei, ‘n beduidende afname van 1,7 persentasiepunte teenoor dieselfde maand verlede jaar. Volgens Simonis Storm dui dit op gedempte verbruikersvertroue wat met bekostigheidskwessies stoei. Verbandkrediet het met 0,7 persent gegroei, effe beter as die 0,3 persent van Januarie, maar steeds laer as historiese gemiddeldes. Dit […]
NVG gaan Omotoso-uitspraak hersien - April 3, 2025
Die Nasionale Vervolgingsgesag erken die Hooggeregshof in Gqeberha se uitspraak wat die Nigeriese televisie-evangelis, Timothy Omotoso, en sy medebeskuldigdes, Lusanda Sulani en Zukiswa Sitho, vryspreek op 32 aanklagte, insluitend verkragting, seksuele aanranding en mensehandel. Regter Irma Schoeman het vervolgingsfoute en onvoldoende kruisondervraging aangehaal in die saak, wat agt-jaar gesloer het. Die vertragings het gelei tot […]
350 bere kan uitgedun word in Slowakye - April 3, 2025
Slowakye se regering het goedkeuring verleen vir die uitdunning van 350 bere weens die gevaar wat hulle vir mense inhou, maar bewaringsbewustes sê dis onwettig. Dit volg nadat bere verskeie mense aangeval het, terwyl die liggaam van ‘n man Sondag in die sentrale deel van die land gevind is nadat ‘n beer hom vermoedelik doodgemaak […]
All Blacks-stut se nekbesering hou om dalk uit Frankryk-toetse - April 3, 2025
Rugby: ‘n Nekbesering kan dalk die stut Ofa Tu’ungafasi uit die All Blacks se toetsreeks teen Frankryk hou. Hy sal ‘n operasie ondergaan en sal nie die res van die Super Rugby-seisoen vir die Blues beskikbaar wees nie. Die sukkelende verdedigende kampioen is tans tweede-laaste op die rangleer met slegs een oorwinning uit ses wedstryde. […]
Registreer vir eerste Rock & Rut Veldwedren van 2025 - April 3, 2025
Die eerste byeenkoms in die 2025 Nedbank Rock & Rut Veldwedren Bergfietsreeks begin Saterdag by die IJG Trails in Kleine Kuppe in Windhoek. Daar is 12 verskillende wedren-kategorieë vir mans en vroue. Die reeks bestaan uit vyf wedrenne wat oor die loop van die jaar in verskillende plekke gehou sal word. Registrasie is reeds oop […]
Land se sosiale media-profiel uiteengesit - April 3, 2025
Veertig persent van Instagram se gehoor in Namibië is tussen 18 en 24 jaar oud, terwyl Facebook, X en LinkedIn deur die ouderdomsgroep tussen 25 en 34 oorheers word. Cirrus se hoof van data en ontleding, Tannan Groenewald, vertel meer oor die profiel van Namibië se sosiale media.