Balju kan ECN se eiendom vat om NEFF se regskoste te dek - April 3, 2025
Die Hoërhof in Windhoek het ‘n beslagleggingsbevel teen die Verkiesingskommissie van Namibië uitgereik nadat dit nie die Namibië Ekonomiese Vryheidsvegters se regskoste van meer as 100 000 Namibiese dollar vereffen het nie. Dit volg op die hofsaak wat die NEFF met koste gewen het na die kommissie dit in Junie verlede jaar as ‘n politieke […]
Saamgesmelte onderwysministerie moet inspring en werk - April 3, 2025
Die span van die nuwe, saamgesmelte ministerie van onderwys, wat nou ook jeug, sport, hoër onderwys en innovering insluit, het net vyf jaar om Swapo se manifes en Namibië se sesde nasionale ontwikkelingsplan te implementeer. NDP6 is nog nie amptelik vrygestel nie. Minister Sanet Steenkamp sê kruisfunksionele samewerking is nodig om kundigheid uit verskillende velde […]
Stad Windhoek begin met eiendomswaardasies op 1 Mei - April 3, 2025
Die Stad Windhoek sal op 1 Mei ‘n algemene waardasie van alle waardeerbare eiendomme in die munisipale gebied begin. Die deurslaggewende proses behels die versameling en ontleding van data om bygewerkte eiendomswaardes te bepaal, wat gebruik sal word as ‘n nuwe basis vir tariewe en belasting vir die volgende vyf jaar. Die raad se laaste […]
Amerikaanse handelstariewe ontketen handelsoorlog - April 3, 2025
Die effek van Amerikaanse invoertariewe begin reeds uitkring. Asiatiese markte het laer geopen, terwyl Amerikaanse termynkontrakte ook na die tariefaankondiging gedaal het. China, wat hard getref is met tariewe van 54 persent, eis dat Amerikaanse president Donald Trump die tariewe herroep en het teenmaatreëls belowe. Ander wêreldleiers het kommer uitgespreek oor ‘n dreigende handelsoorlog. Ed […]
Oppas vir brande weens goeie veld na reën - April 3, 2025
As gevolg van die goeie reënval regoor die land, kan verhoogde plantbedekking tot veldbrande lei gedurende die droë seisoen. The Villager het gepraat met Jonas Mwiikinghi, die hoof bosboubeampte vir Kavango-Oos en Wes, wat ‘n waarskuwing aan inwoners en boere uitgereik het oor die verhoogde risiko van brande in Rundu en Kavango-Oos. Gemeenskapsveldtogte is geloods […]
Gebruik veiligheidsgordels om lewens te red! - April 3, 2025
Arrive Alive het met die oog op die Paas-vakansie beklemtoon hoe belangrik dit is om veiligheidsgordels te gebruik as ‘n lewensreddende ingryping. Die woordvoerder, Simon Zwane, sê met baie Suid-Afrikaners wat langafstandbusse gebruik, bestaan die gevaar van baie padsterftes en beserings. Zwane sê ‘n studie deur die Padverkeersbestuurskorporasie het bevind busongelukke was verantwoordelik vir 21-persent […]
Trump hef 10% invoertariewe op alle lande - April 3, 2025
Amerikaanse president Donald Trump het universele tariewe van 10 persent op alle invoer na die VSA aangekondig, wat op Saterdag, 5 April in werking sal tree. Ekonome en politieke kommentators beskryf dit as ‘n waterskeidingsmoment vir wêreldwye handel. Trump het in sy toespraak in die Withuis se Roostuin dit bevrydingsdag genoem en sê dit sal […]
Prins Harry loof sy veldtog vir volhoubare toerisme - April 3, 2025
Prins Harry het sy Travalyst-veldtog geloof vir die bevordering van volhoubare toerisme, ondanks die voortgesette omstredenheid rondom sy liefdadigheidsorganisasie in Lesotho. Sentebale se voorsitter, Sophie Chandauka, het Harry van teistering en afknouery beskuldig nadat hy en ander trustees bedank het. Hulle ontken dit. Harry het intussen Travalyst se mylpaalverslag van vyf-jaar vrygestel, wat optrede teen […]
Staatstoelaes wel op tyd betaal - April 2, 2025
Maatskaplike staatstoelaes is toe wel Dinsdag op tyd betaal, sê NamPost. NamPost het Maandag aanvanklik gesê ‘n tegniese oponthoud by die finansministerie gaan beteken dié toelaes, wat pensioene insluit, sou nie betyds uitbetaal kon word nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Gladwin Groenewaldt, NamPost se hoof van bemarking en kommunikasie, gepraat:
NVG gaan Omotoso-uitspraak hersien - April 2, 2025
Die Nasionale Vervolgingsgesag erken die Hooggeregshof in Gqeberha se uitspraak wat die Nigeriese televisie-evangelis, Timothy Omotoso, en sy medebeskuldigdes, Lusanda Sulani en Zukiswa Sitho, vryspreek op 32 aanklagte, insluitend verkragting, seksuele aanranding en mensehandel. Regter Irma Schoeman het vervolgingsfoute en onvoldoende kruisondervraging aangehaal in die saak, wat agt-jaar gesloer het. Die vertragings het gelei tot […]