Motsoaledi wil hê Afrika moet openbare gesondheid versterk - October 12, 2025

Die buurland se gesondheidsminister, Aaron Motsoaledi, moedig Afrika-leiers aan om openbare hospitale in hul lande te versterk en daarin te belê. Hy het verlede maand suksesvolle oogoperasies ondergaan, gelei deur ‘n span hoofsaaklik jong mediese personeel by die Chris Hani Baragwanath-hospitaal in Johannesburg se St John-oogkliniek. Die minister sê Afrika is die enigste vasteland waar […]

Read More

Saara verjaar, herdenk 57 jaar - October 12, 2025

Die speaker van die Nasionale Vergardering, dr. Saara Kuugongelwa-Amadhila herdenk vandag haar 57ste verjaarsdag. Sy is die voormalige eerste minister, die eerste vroulike premier in die land se geskiedenis en het ook gedien as finansminister. Sy het haar doktoraat in openbare finansies voltooi.

Read More

GRN bestee meer aan skuld as ontwikkeling - October 12, 2025

Die Namibiese regering besteen 9,6 miljard Namibiese dollar van sy eie fondse op die ontwikkelingsbegroting vir die huidige boekjaar, 30 persent minder as die 13,7 miljard dollar wat hy op sy skuld bestee. Die Tender Bulletin berig dat selfs al word lenings van 3,16 miljard dollar vir ontwikkeling bygereken, is die totaal van 12,76 miljard […]

Read More

Haatspraak, diskriminasie: Oop gesprekke is nodig - October 12, 2025

Die Kommissie vir Geslagsgelykheid het Hoofstuk 9-instellings en burgerlike samelewingsorganisasies versoek om ‘n oop, inklusiewe en veilige omgewing te skep om haatspraak- en diskriminasiesake vinnig op te los. Kommissaris Leigh-Ann van der Merwe het in reaksie op onlangse uitsprake oor LGBT-persone deur die radiopersoonlikheid Ngizwe Mchunu, gesê die kommissie is diep bekommerd oor die hardnekkige […]

Read More

16 dood in Tennessee-ontploffing - October 12, 2025

Ondersoekers glo nou dat ‘n reuse-ontploffing by ‘n militêre plofstoffasiliteit in Tennessee 16 mense gedood het. Daar is voorheen berig dat 18 mense vermis is in Vrydag se ontploffing. Die ontploffing, wat kilometers ver gevoel is, het ‘n gebou gelykgemaak by die 5 vierkante kilometer hoofkwartier van Accurate Energetic Systems in Bucksnort, naby Nashville. Amptenare […]

Read More

Libbok groet, vertrek vir Japan - October 12, 2025

Die Springbok-losskakel Manie Libbok is amptelik weg by die Stormers en het sy skuif na die Hanazono Kintetsu Liners in Japan se Rugbyliga-een bevestig. Libbok, wat oor die naweek op sosiale media sy dankbaarheid uitgespreek het, het ‘n belangrike rol gespeel in die Stormers se onlangse sukses. Die 28-jarige spelskepper, bekend vir sy aanvallende vermoëns […]

Read More

Cirrus sê oor sy navorsing na skaapmark - October 12, 2025

Die Lewendehawe Produsente Organisasie het Cirrus genader om navorsing te doen oor die volhoubaarheid van skaapboerdery in die land, en wat die beste uitvoermarkte sal wees. Die Cirrus-ekonoom Tannan Groenewald verduidelik wat die studie bevind het, en Suid-Afrika bly die beste mark.

Read More

Lekker buie in die Suide - October 12, 2025

Die suidelike dele van die land het sedert Vrydag lekker reën ontvang met ligte buie wat elders in die sentrale gebied voorgekom het. Landbou-tydskrif Agriforum berig dat op Sandmodder 120 kilometer suidoos van Keetmanshoop in die Karasberge is 34mm teen Saterdagmiddag gemeet en sedert 28 Augustus staan die reënsyfer hier nou op 92 mm. Op […]

Read More

Burkina sal nie VSA gedeporteerdes vat nie - October 12, 2025

Burkina Faso sê dat hy ‘n “onwelvoeglike” voorstel van die Trump-administrasie geweier het om gedeporteerdes uit die VSA te aanvaar. Die minister van buitelandse sake, Karamoko Jean-Marie Traoré,sê die voorstel is teenstrydig met die waarde van waardigheid wat deel is van die kern van die visie van kaptein Ibrahim Traoré. Die opmerking kom nadat die […]

Read More

Trump se gesondheid is ‘uitsonderlik’ - October 12, 2025

Die Amerikaanse president Donald Trump se gesondheid is na ‘n mediese ondersoek by die Walter Reed Nasionale Militêre Mediese Sentrum as uitsonderlik beskryf. Trump se dokter, Sean Barbabella, sê in ‘n memo wat deur die Withuis vrygestel is, Trump toon sterk kardiovaskulêre, long, neurologiese en fisiese funksies. Volgens die memo het Trump ook voorkomende gesondheidsondersoeke […]

Read More