Pa wat blykbaar dogter vir 6 jaar verkrag, borg geweier - October 12, 2025
‘n Pa van Oranjemund, wat daarvan aangekla word dat hy sy 14-jarige dogter sedert sy agt jaar oud was, verkrag, sal weer op 9 Januarie in die hof op die dorp verskyn nadat hy borg geweier is. Gemeenskapslede op opgeruk na die laerhof om teen borg te betoog en het ‘n petisie oorhandig. Die gemeenskap […]
Kameroen stem, ontleders meen dis uitgemaakte saak vir Biya - October 12, 2025
Kameroen stem vandag in ‘n presidensiële verkiesing waar verwag word dat die huidige president, Paul Biya, die wêreld se oudste leier op 92, sy 43-jaar lange greep op mag sal behou ten spyte van ‘n energieke opposisie wat vir verandering druk. Sy teenstanders sluit in voormalige regeringswoordvoerder Issa Tchiroma, 76, wat groot skares gelok het. […]
Brics Plus lei sterrekundige vergadering volgende week - October 12, 2025
Brics Plus sal die 2025 Brics Sterrekunde-vergadering van Maandag tot Donderdag volgende week in São José dos Campos, Brasilië, aanbied onder die tema “Multi-messenger and Multi-wavelength Transients”. Die geleentheid, wat deur Brasilië se Nasionale Instituut vir Ruimtenavorsing aangebied word, sal wetenskaplikes, opvoeders en beleidmakers van elf lidlande bymekaarbring. Aktiwiteite sluit in werkswinkels, uitreikgeleenthede en ‘n […]
Djokovic verslaan deur wêreldnommer-204 in Shanghai - October 12, 2025
Die wêreldnommer-204, Valentin Vacherot van Monaco, het ‘n sukkelende Novak Djokovic met 6-3, 6-4 verslaan in hul halfeindstryd by die Sjanghai Meesters om die laagste gekeurde ATP Meesters 1000-finalis ooit te word. In die ander halfeindstryd het Vacherot se neef, Arthur Rinderknech van Frankryk, die dubbelse prestasie vir sy familie voltooi deur die voormalige kampioen […]
NNN vra vir tweestaatoplossing in Gaza - October 12, 2025
Namibië is versigtig optimisties oor onlangse ontwikkelinge in die Israel-Hamas-oorlog. President Netumbo Nandi-Ndaitwah die toestande in Gaza betreur en sê verder dat Namibië se eie geskiedenis van volksmoord en apartheid-kolonialisme die nasie se geloof in internasionale solidariteit en menswaardigheid versterk het. Haar aanmerkings kom terwyl duisende Palestyne terug na hulle verwoeste gebied beweeg en hulp […]
Al-Sisi, Trump hou Gaza-vredesberaad in Egipte - October 12, 2025
‘n Gaza-vredespitsberaad in Sharm el-Sheikh, Egipte, word môre gehou met die Egiptiese president Abdel Fattah al-Sisi en sy Amerikaanse ampsgenoot Donald Trump as mede-voorsitters. Leiers en amptenare van meer as 20 lande sal dit bywoon insluitend die VN-sekretaris-generaal António Guterres, Britse premier Keir Starmer, die eerste ministers van Italië en Spanje en Franse president Emmanuel […]
EU eis verduidelik oor beskerming vir kinders aanlyn - October 12, 2025
Die Europese Unie het ‘n verduideliking geëis van digitale reuse, insluitend Snapchat en YouTube, oor hoe hulle kinders teen aanlyn skade beskerm. Dit volg nadat 25 van 27 lidlande aangedui het hulle is bereid om toegang tot sosiale media vir minderjariges te beperk. Die EU het streng reëls wat die digitale ruimte beheer, insluitend dit […]
Shell V-Power M+Z-tydren was groot sukses - October 12, 2025
Dit was warm, stowwerig en opwindend met tien uiters vinnige trajekte wat afgehandel is by die Shell V-Power M+Z tydren in Gobabis. Francois Lottering was daar.
Walvis se John Savva sterf - October 12, 2025
Die bekende sakeman van Walvisbaai en erekonsul vir Siprus en Griekeland, John Savva, is Saterdagmiddag oorlede. Savva was betrokke by kleinhandel- en eiendomsbedrywe. Hy het Venus Supermark en die Atlantic Hotel in Walvisbaai besit, asook die Afrodite Beach-eiendomsontwikkeling naby Dolfynstrand. Savva, wat van Sipriotiese oorsprong is, het baie vriende in elke kring van die Namibiese […]
Elite weermageenheid sluit aan by Madagaskar-betogings - October 12, 2025
Anti-regerings optogte kring uit in Madagaskar nadat soldate by die jeugbetogers aangesluit het en hulle begelei het toe hulle Antananarivo se 13 Mei-plein vir die eerste keer sedert die demonstrasies verlede maand begin het, binnegegaan het. Die proteste, geïnspireer deur Gen Z-geleide bewegings in Kenia en Nepal, het op 25 September oor water- en elektrisiteitstekorte […]