Fort Hare onrus was misdadig – Manamela - October 12, 2025

Die minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Buti Manamela, sê sy departement werk nou saam met die polisie, die Oos-Kaapse regering en die Universiteit van Fort Hare se sekuriteitspanne om kalmte te herstel en studente en personeel te beskerm. Manamela het die media ingelig oor die situasie by Fort Hare na verwoestende brandstigtingaanvalle tydens studentebetogings. […]

Read More

VRK: Stormers enigste SA span wat wen - October 12, 2025

Alhoewel die Stormers onoorwonne bly in die Verenigde Rugbykampioenskap nadat hulle die naweek die Walliese span Scarlets met 34-0 verslaan het, was die ander Suid-Afrikaanse spanne nie so gelukkig nie. In Belfast het ‘n begeesterde Ulster-span die Bulle gisteraand met 28-7 afgeransel, die Haaie het met 31-5 teen Leinster verloor, en Leeus is in Italië […]

Read More

Omusati-olifantbul van kant gemaak - October 12, 2025

Die omgewingsministerie bevestig dat ‘n olifantbul Saterdag naby die Onawa-nedersetting in die Omusati-streek van kant gemaak is. Dit kom na dae van monitering en verskeie onsuksesvolle pogings om die dier veilig terug na Etosha Nasionale Park te bring. Dei olifant het volgens berigte, die brand in die park gevlug en word sedert 8 Oktober gemonitor. […]

Read More

Azapo verwelkom Sibiya-Maumela klopjagte - October 12, 2025

Die Azanian People’s Organisation verwelkom die klopjagte en beslagleggings deur die Valke en die Spesiale Ondersoekeenheid op persele wat verband hou met die geskorste adjunk- nasionale polisiekommissaris Shadrack Sibiya en die sakeman Hangwani Maumela. Die Azapo-woordvoerder Nosipiwo Manona sê hulle beweerde rol in misdaad moet deeglik ondersoek word:

Read More

Diane Keaton sterf op 79 - October 12, 2025

Die Oscar-bekroonde aktrise Diane Keaton is op 79-jarige ouderdom oorlede. Keaton, wat in Los Angeles gebore is, het in die 1970’s roem verwerf deur haar rol as Kay Adams-Corleone in die ‘The Godfather’ reeks rolprente. Sy was ook bekend vir hoofrolle in films soos Father of the Bride, First Wives Club en Annie Hall, wat […]

Read More

FNB Eagles behaal geskiedkundige oorwinning teen Proteas - October 12, 2025

FNB Krieket Namibië het geskiedenis gemaak deur die Proteas by die FNB Namibië Krieketveld in Windhoek te klop met vier paaltjies. Namibië  het 138/6 aangeteken teenoor Suid-Afrika se 134/8, albei na 20 boulbeurte. Zane Green, wat ook sy 29ste verjaardag herdenk het, het die wenlopies geslaan met ‘n vier van die laaste bal van die […]

Read More

Hou politiek uit grondwetsontwerp, sê landbou-ekonoom - October 11, 2025

Met Namibië se nuwe Grondwetsontwerp op die tafel, sê landbou-ekonoom dr. Kobus Laubscher dat grondbesit nie as die enigste roete na suksesvolle boerdery beskou moet word nie. Hy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat globale voorbeelde, soos die Amerikaanse Mid-Weste, wys hoe huurmarkte en alternatiewe finansiering produktiwiteit kan dryf. Maar hy waarsku dat sonder […]

Read More

Fort Hare betreur reuse-skade na gewelddadige betogings - October 11, 2025

Die Universiteit van Fort Hare sê hy is hard besig met herstelwerk na die week se verwoestende brandstigting tydens studentebetogings. Die universiteit se Eiendoms- en Dienstebestuurder, Buhle Shandu, sê alhoewel die totale restourasiekoste op tussen 300-miljoen- en 500-miljoen Suid-Afrikaanse rand beraam word, strek die grootste deel van die vernietiging veel verder as infrastruktuur. Shandu sê […]

Read More

Massa-afleggings van Amerikaanse federale werkers begin - October 11, 2025

Die massa-ontslag van Amerikaanse federale werkers het begin, terwyl Republikeine druk op Demokratiese wetgewers uitoefen om ‘n regeringsluiting te beëindig. Die begrotingskantoor in die Withuis sê die afleggings is aansienlik, met vakbonde vir federale werkers wat die saak hof toe neem. President Donald Trump het Vrydagaand gesê dat diegene wat hul werk verloor, in gebiede […]

Read More

FNB Eagles reg vir Proteas vanmiddag - October 11, 2025

Die geskiedkundige T20 Internasionale botsing tussen Namibië se FNB Eagles en Suid-Afrika se Proteas vind vanmiddag plaas. Dit merk ook die amptelike opening van die splinternuwe FNB Namibië Krieketveld. Die opgewonde spelers het by ‘n perskonferensie met die media gepraat. Gerhard Erasmus, die kaptein van die FNB-Eagles, het teruggekyk na hoe ver Namibiese krieket gekom […]

Read More