Meatco voltooi 2025 beesvleis-uitvoerkwota na Noorweë - October 11, 2025

Meatco het sy 2025-uitvoerverpligtinge na Noorweë voltooi nadat hy die finale besending op 8 Oktober gestuur het, wat die volle benutting van die land se 1 200-ton-beesvleis-kwota merk. Die Noorse mark bly een van Meatco se winsgewendste uitvoerbestemmings, en behels meer as 20 persent van die korporasie se omset. Om aan die 2025-toekenning te voldoen, […]

Read More

Eskom sê dieseluitgawes steeds onder begroting - October 11, 2025

Eskom sê hy het van 1 April tot 9 Oktober 5,9-miljard Suid-Afrikaanse rand aan diesel bestee en meer as ‘n duisend gigawatt-uur uit sy oopsiklus-gasturbine-aanlegte opgewek. Die Eskom-woordvoerder, Daphne Mokwena, sê dieselbesteding die afgelope week was 27,74-miljoen-rand teen ‘n lasfaktor van 0,758-persent. Sy sê dit is laer as dieselfde tydperk verlede jaar toe besteding 97,4-miljoen-rand […]

Read More

Palestyne stroom terug na Noord-Gaza - October 11, 2025

Tienduisende Palestyne het na Noord-Gaza teruggekeer na die Israeliese weermag se aankondiging van ‘n wapenstilstand, wat bemiddelaars hoop ‘n einde sal bring aan die tweejaar-lange konflik. Israel het gisteroggend tot ‘n wapenstilstandooreenkoms met Hamas ingestem. Gaza se Hamas-beheerde burgerlike verdedigingsagentskap sê nagenoeg 200-duisend mense het nou na die noorde van Gaza teruggekeer sedert die wapenstilstand […]

Read More

NRU kies voorlopige spelersgroep vir Rugby Wêreldbeker-kwalifiseerders - October 11, 2025

Die Namibië-rugbyunie het ‘n voorlopige groep van 36 spelers gekies om voor te berei vir die komende Rugby Wêreldbeker-kwalifiseerders in Dubai. Die groep verteenwoordig ‘n sterk balans tussen ervaring en opkomende talent, geïdentifiseer deur die unie se hoëprestasie-vorderingspad en nasionale kompetisies. Die voorlopige groep sal voortgaan met voorbereiding onder die hoëprestasieprogram. Die finale 30-man-groep sal […]

Read More

Ministerie bevestig olifant loop los in Oshana-streek - October 11, 2025

Die omgewingministerie sê hy is bewus van ‘n loslopende olifant wat van die Etosha-brand gevlug het en tans in die Oshana-streek ronddwaal. Die ministerie sê die olifant is sowat ‘n kilometer suidwes van Onaanda-dorpie naby Oshakati gesien. Dit het deur die area probeer beweeg maar gemeenskapslede het sy pad versper en hom begin jaag. Die ministerie […]

Read More

NSRI juig oor Starlink-plan wat reddingspogings sal aanhelp - October 11, 2025

Die Nasionale Seereddingsinstituut verwelkom Elon Musk se Starlink-plan om sy bedrywighede uit te brei en 2,5-miljard-rand in Suid-Afrika te belê, en beskryf dit as ‘n deurbraak vir reddingskommunikasie ter see. Hulle glo die vennootskap sal die NSRI-bote met satelliet-internet toerus, wat reddingswerkers selfs in afgeleë waters sal toelaat om in aanraking te bly. Andrew Ingram […]

Read More

Macron stel Lecornu weer aan as eerste minister - October 11, 2025

Die Franse president, Emmanuel Macron, het sy sentristiese bondgenoot Sébastien Lecornu heraangestel as premier, vier dae nadat Lecornu dramaties bedank het en sy nuwe regering na slegs 14 uur ineengestort het. Lecornu sê dat hy na die rol terugkeer uit plig, en alles moontlik sal doen om teen die einde van die jaar ‘n begroting […]

Read More

Pirro vervang beseerde Moto GP-kampioen Marquez in Australië - October 11, 2025

Motorsport: Ducati se Italiaanse toetsbestuurder, Michele Pirro, sal die beseerde MotoGP-wêreldkampioen Marc Marquez vervang in volgende week se Australiese Grand Prix by Phillip Island. Die Spanjaard is verlede naweek tydens die Indonesiese Grand Prix in ‘n ongeluk beseer nadat hy verlede maand sy sewende wêreldtitel in Japan verower het. Hy sal na verwagting ook die […]

Read More

Jeug ‘moet tegnologie, innovasie benut vir ontwikkeling’ - October 11, 2025

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het die land se jeug versoek om die leiding te neem in die toekoms, en Nust-gegradueerdes aangespoor om innovasie en tegnologie vir nasionale ontwikkeling te benut. Sy het die krag van die Vierde Industriële Revolusie beklemtoon en jong Namibiërs uitgedaag om hul kennis volhoubaar toe te pas, van huishoudings tot in die […]

Read More

Masemola sê hy het skrapping van politieke moorde-taakspan probeer stop - October 11, 2025

Die nasionale polisiekommissaris Fannie Masemola sê hy het sy bes gedoen om die ontbinding van die taakspan vir politieke moorde te stop. Masemola het voor die Parlement se ad hoc-komitee oor polisie-kaping getuig en sê hy het die minister van Polisie, Senzo Mchunu, se besluit om die eenheid te ontbind bevraagteken, en gewaarsku soortgelyke optrede […]

Read More