Wall Street val skerp na Trump China dreig - October 11, 2025
Die Amerikaanse president Donald Trump het gedreig om vanaf volgende maand bykomende tariewe van 100 persent op China in te stel, en beskuldig Beijing van “baie vyandige” bewegings om die uitvoer van seldsame aardmetale wat nodig is vir Amerikaanse industrie te beperk. Aandele op Wall Street het skerp geval na Trump die vooruitsig van ‘n […]
Italië hoop Gaza-ooreenkoms sal toeskouers na Israel-wedstryd lok - October 11, 2025
Sokker: Die Italiaanse middelveldspeler, Bryan Cristante, hoop vir ‘n vol stadion wanneer sy land Dinsdag in Udine teen Israel speel in ‘n Wêreldbeker-kwalifiseerder, ondanks ‘n boikot wat vroeër ingestel is. Groot groepe betogers word in die stad verwag, maar Cristante sê hierdie week se wapenstilstands-ooreenkoms tussen die strydende partye in Gaza kan dalk ‘n verskil […]
Onwettige kontantvloei kan gryslys-verwydering belemmer - October 11, 2025
Namibië het goeie vordering gemaak in sy pogings om van die Finansiële Aksie-taakmag se gryslys gehaal te word, met 13 geïdentifiseerde strategiese tekortkominge wat reggestel is. Die taakmag sal by sy vergadering op 24 Oktober besluit of daar nog werk nodig is of nie, maar onder andere die stadige inhandiging van entiteite se voordelige eienaarskap-verklarings […]
SA vervaardigingsproduksie 1,5% laer in Augustus - October 11, 2025
Statistieke Suid-Afrika berig vervaardigingsproduksie het in Augustus met 1,5-persent gedaal vergeleke met dieselfde maand verlede jaar. Die afname is hoofsaaklik gedryf deur yster en staal, metaalprodukte, masjinerie, voedsel en drank. Nicolai Claassen van Statistieke SA sê vervaardigingsverkope het ook winste getoon, met ‘n toename van 0,6-persent vanaf Julie en drie-persent oor die afgelope drie maande, […]
Oproep vir skenkings weens wanhopige situasie in Gaza - October 11, 2025
Mense in Gaza trotseer hulle wanhopige werklikheid ná twee jaar van meedoënlose Israelse aanvalle, ondanks die aanvaarding van ‘n skietstilstand. Die Nood-rampkomitee het sy oproep vir skenkings hernu om sukkelende gesinne te help. Die desperate vraag na humanitêre hulp sal na verwagting toeneem terwyl volgelaaide vragmotors gereed staan by grense met lewensreddende voedsel, water, medisyne […]
Bafana se Wêreldbeker-hoop vervaag - October 11, 2025
Sokker: Bafana Bafana se hoop vir die 2026 FIFA Wêreldbeker het ‘n knou gekry toe hulle gisteraand in hul voorlaaste kwalifiserende wedstryd in Durban teen Zimbabwe gelykop gespeel het. Die uitslag plaas Bafana tweede in Groep C met 15 punte – twee agter die voorloper Benin, wat ‘n oorwinning van 1-0 oor Rwanda behaal het […]
Namibië en Botswana teken rits ooreenkomste - October 11, 2025
Namibië en Botswana het ‘n reeks ooreenkomste onderteken om bilaterale samewerking te verdiep, na afloop van die tweede sitting van die Bilaterale-kommissie. Die nuwe akkoorde dek ‘n wye verskeidenheid sektore, waaronder energiebronne, sowel as verskeie memorandums van verstandhouding, soos oor samewerking in wetenskap, tegnologie en innovasie. Bykomende ooreenkomste is ook gesluit oor korreksies en gevangenisse, […]
Nuwe bek-en-klou gevalle in Vrystaat - October 11, 2025
Die Vrystaatse Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling het vier nuwe gevalle van bek- en klouseer in Viljoenskroon en Edenville bevestig. Dit bring die getal bevestigde gevalle in die provinsie op 42 te staan. Tot nou toe is sewe distrikte oor vyf munisipaliteite identifiseer. Moliehi Moeng van die departement sê hulle gee voorkeur aan inentings […]
Minstens 18 mense vermis na plofstof-fabriek ontplof - October 11, 2025
Minstens 18 mense word vermis en is vermoedelik dood nadat ‘n ontploffing Vrydag by ‘n ammunisiefabriek in die landelike gebiede van Tennessee die gebou vernietig het. Die ontploffing by Accurate Energetic Systems, sowat 100 kilometer wes van Nashville, is kilometers ver gevoel. Dit het tot verskeie sterftes gelei, maar teen laat gisteraand moes amptenare nog […]
WP onder 20-vroue verslaan Bulle op Vroue-week - October 11, 2025
Rugby: Westelike Provinsie het meesterlik in die laaste wedstryd van die SA Rugby onder-20 Vroueweek gespeel om die Blou Bulle met 33-0 te verslaan by Queens High School in Johannesburg. Die toernooi was uiters suksesvol met 14 spanne wat ‘n bemoedigende vertoning as die volgende geslag van die vrouespel gelewer het. Die laaste dag het […]