Copps 94.1 stop selfmoordpoging - October 11, 2025

Die Copps 94.1-span was besig in Windhoek Vrydagaand, met ‘n selfmoordpoging en twee dronkbestuur-voorvalle te midde van ander insidente. Kosmos 94.1 se Francois Lottering was saam met die Namibiese polisie aan diens en doen verslag:

Read More

Israel gee lys van 250 gevangenes wat vrygelaat gaan word - October 11, 2025

Israel se justisieministerie het ‘n lys van 250 gevangenes gepubliseer wat as deel van die wapenstilstands-ooreenkoms met Hamas vrygelaat sal word in ruil vir gyselaars wat steeds in Gaza aangehou word. Dit is sonder die name van verskeie senior Palestynse militante leiers wat as weerstand-simbole beskou word en wie se vrylating Hamas geëis het. Een […]

Read More

Miljarde in onopgeëiste voordele soek baas - October 11, 2025

Die Gedragsowerheid vir die Finansiële Sektor sê Suid-Afrika het ongeveer 89-miljard Suid-Afrikaanse rand in onopgeëiste voordele. Standard Bank het aangekondig hy het die afgelope jaar 100-miljoen-rand aan duisende mense terugbetaal, waarvan baie onbewus was dat fondse aan hulle verskuldig is. In samewerking met die opsporingsagentskap, Reunyte, het die bank se internet-gebaseerde stelsel kliënte gehelp om […]

Read More

Stormers rol 34-0 oor Scarlets - October 11, 2025

Rugby: Die Stormers het hul Europese toer in die Verenigde Rugbykampioenskap sterk begin met ‘n deurslaggewende bonuspunt-oorwinning van 34-0 teen die Scarlets Vrydag in Llanelli. Die Kaapse span se voorspelers was meedoënloos en het met kragtige spel in die vaste fasette en uitstekende verdediging die Walliese span vir die volle 80 minute sonder punte gehou. […]

Read More

Boko beklemtoon belang van samewerking - October 10, 2025

Tydens die bilaterale vergadering tussen Namibië en Botswana het president Duma Boko die belangrikheid van die samewerking tussen die twee lande beklemtoon. Hy en president Netumbo Nandi-Ndaitwah het vandag die staatshoof beraad van die Namibië-Botswana Bilaterale-kommissie gehou.

Read More

AfriForum gee geskenk aan Oom Paul op sy 200ste verjaarsdag - October 10, 2025

AfriForum het vandag die 200ste herdenking van Paul Kruger se geboorte op 10 Oktober 1825 herdenk met ’n spesiale “verjaarsdaggeskenk” deur die beveiliging van die Kruger-monument op Kerkplein in die Pretoriase middestad te verbeter. Hierdie inisiatief volg nadat vandale weer in September vanjaar van die standbeelde wat deel van die monument uitmaak, ernstig beskadig het. […]

Read More

Withuis kritiseer Nobel-komitee na Trump nie vredesprys kry - October 10, 2025

Die Withuis het die Noorweegse Nobelkomitee gekritiseer nadat hy die vredesprys aan die Venezolaanse opposisieleier, Maria Corina Machado, toegeken het en die Amerikaanse president Donald Trump oor die hoof gesien het. Direkteur van Kommunikasie van die Withuis, Steven Cheung sê op X die Nobel-komitee het bewys hulle plaas politiek bo vrede. Hy sê Trump sal […]

Read More

Bafana mik na Wêreldbeker-kwalifisering - October 10, 2025

Sokker: Bafana Bafana se kaptein, Ronwen Williams, sê Wêreldbeker-kwalifisering is steeds in hulle hande in vanaand se deurslaggewende Groep C-kragmeting met Zimbabwe in Durban. Suid-Afrika was boaan die punteleer met 17 punte, maar het drie punte verbeur vir die gebruik van ‘n ontoelaatbare speler teen Lesotho in Maart. Die span is nou gelyk met Benin […]

Read More

Mans moet hul geestesgesondheid beter oppas: sielkundige - October 10, 2025

Terwyl die wêreld vandag Wêreldgeestesgesondheidsdag herdenk, is daar ‘n hernude oproep om die sosiale stigma rondom geestesongesteldheid aan te spreek. Kliniese sielkundige, Shaun Whittaker, beklemtoon dat dit veral vir Namibiese mans belangrik is om na hul geestesgesondheid om te sien. Volgens hom speel alkohol- en dwelmmisbruik ’n groot rol in Namibië se hoë selfdoodsyfer. Whittaker […]

Read More

Tydren kampioenskappe brul weer op Gobabis - October 10, 2025

Die vyfde en voorlaaste nasionale tydren kampioenskappe vind die naweek in Gobabis plaas. Daar is 16 spanne in die Shell V-Power M+Z tydren ingeskryf wat mekaar die stryd in beide die S- en CR-klasse sal aansê. Francois Lottering van Motor Media Namibia het meer.

Read More