Sauma verduidelik oor ‘uraan in Stampriet-kom water’ - October 10, 2025
Die Stampriet Akwifer Uraanmynbouvereniging, Sauma, gaan voort om sy standpunt te verdedig teen die voorgestelde in-situ-mynbou vir die Stampriet-kom. Tanja Dahl, ‘n lid van die bestuurskomitee van Sauma, het tydens die jaarlikse kongres van die Namibiese Landbou-unie bewerings verwerp dat die water in die gebied reeds besoedel is, maar gewaarsku dat dit gevaarlik kan wees […]
Akkerbouraad verbied SA tamaties, bring prysverligting - October 10, 2025
Die Namibiese Akkerbouraad het ‘n verbod op tamatie-invoere uit Suid-Afrika ingestel. Hierdie stap is bedoel om die plaaslike landbousektor te ondersteun, omdat boere geraak word deur Suid-Afrika se opskorting van Namibiese produkuitvoere sedert Augustus. Die uitvoerverbod is afgedwing nadat Suid-Afrika invoerpermitte vir Namibiese produkte herroep het, met verwysing na sanitêre kwessies. Gilbert Mulonda, hoofbestuurder vir […]
Namdia-raad ontslaan uitvoerende hoof Amupolo - October 10, 2025
Namdia se raad het aangekondig dat die uitvoerende hoof, dr. Alisa Amupolo, uit die pos ontslaan is. Dit kom na ‘n onafhanklike dissiplinêre verhoor wat haar skuldig bevind het op twee klagte van growwe nalatigheid en ‘n klag van ernstige insubordinasie. Die dissiplinêre verhoor het reeds in November verlede jaar begin. Dit het gegaan oor […]
Bibi hoop gyselaars se terugkeer sal Maandag gevier word - October 10, 2025
Eerste minister Benjamin Netanyahu sê hy hoop Israel sal Maandagaand ‘n “dag van nasionale vreugde” kan begin, wanneer al die lewende en dooie gyselaars na verwagting van Gaza sal terugkeer. Hy het in ‘n televisieuitsending gesê die Simhat Torah-vakansiedag twee jaar gelede was ‘n nasionale dag van rou, maar nou, met God se hulp, sal […]
NNN lig Botswana se hulp met bek-en-klou uit - October 10, 2025
Botswana het Namibië gedurende die 2023/2024-boekjaar met meer as 3,8 miljoen dosisse entstowwe voorsien om teen bek-en-klouseer in te ent. Dit is vanoggend deur president Netumbo Nandi-Ndaitwah aangekondig tydens die openingsessie van die tweede Namibië-Botswana Bilaterale-kommissie in Windhoek. Nandi-Ndaitwah sê die twee lande het verlede jaar ‘n driejaarooreenkoms onderteken vir die voortgesette verskaffing van vee-entstowwe […]
Menseregtekommissie kry lof oor bevindings teen Ngizwe Mchunu - October 10, 2025
Die Departement van Vroue, Jeug en Persone met Gestremdhede het die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie se bevindings teen die omstrede mediapersoonlikheid Ngizwe Mchunu verwelkom. Hy het verlede maand ‘n video aanlyn geplaas waarin hy vernederende opmerkings maak nadat foto’s van ‘n gay paartjie wat in tradisionele drag getrou het, aanlyn geplaas is. Die kommissie het bevind Mchunu […]
New Yorkse prokureur-generaal Letitia James van bedrog aangekla - October 10, 2025
Die Amerikaanse Departement van Justisie het New York se prokureur-generaal, Letitia James, van bedrog aangekla. Die aanklag van vyf bladsye beskuldig haar dat sy in leningsdokumente beweer het sy gaan ‘n huis wat sy in Norfolk, Virginia, gekoop het as tweede woonhuis gebruik, maar het dit eerder as belegging vir verhuring gebruik. Aanklaers sê dit […]
Bulle, Stormers tans boaan VRK punteleer - October 10, 2025
Rugby: Twee Suid-Afrikaanse spanne, die Bulle en die Stormers, is boaan die Verenigde Rugbykampioenskaps-punteleer voor die begin van die derde ronde. Albei spanne het hulle eerste twee wedstryde gewen, maar die Bulle is eerste na twee bonuspunt-oorwinnings teen die Stormers se een. Die Stormers speel vanaand teen Scarletts in Llanelli, Wallis, terwyl die Bulle môreaand […]
Reën bring hoop vir nog kosinflasie-dalings - October 10, 2025
Die Namibiese Statistieke-agentskap sê inflasie vir September staan op 3,5 persent. FNB meen daar is hoop vir huishoudings in die toekoms met goeie reën wat verwag word wat beteken kosinflasie mag daal. Helena Mboti, ‘n ekonoom van FNB gee ‘n voorspelling.
Beleidsonsekerheid, korrupsie ‘belemmer ANC se ekonomiese plan’ - October 10, 2025
‘n Ekonoom, Frederick Mitchell, sê Suid-Afrika ondervind aansienlike ekonomiese uitdagings wat sy bestendigheid en toekomstige voorspoed bedreig. Die ANC het hierdie week sy Ekonomiese Aksieplan onthul, wat die uitbreiding van elektrisiteits-infrastruktuur, die herstel van die chroom- en die mangaanbedryf, die aanvuur van plaaslike ekonomiese ontwikkeling en die uitbreiding van openbare indiensnemings- en vaardigheidsprogramme insluit. Mitchell […]