Dankie, maar ek leef nog, sê Dolly Parton - October 10, 2025

Country-sangeres Dolly Parton het aanhangers gerus gestel oor haar gesondheid nadat kommentaar deur haar suster kommer gewek het dat die Grammy-wenner baie siek was. Dolly het onlangs aangekondig dat sy ‘n reeks vertonings wat vir Las Vegas beplan is, uitstel om ‘n paar ongespesifiseerde gesondheidsprobleme te hanteer. Hierdie week het haar suster, Frieda, gebede vir […]

Read More

Proteas-vroue klop Indië by Wêreldbekertoernooi - October 10, 2025

Krieket: Suid-Afrika het hul tweede oorwinning van die Wêreldbekertoernooi vir vroue behaal deur die medegasvrou, Indië, met drie paaltjies te verslaan in Visakhapatnam. Richa Ghosh het 94 van 77 balle aangeteken en Indië is uitgeboul vir 251. Chloé Tryon het drie paaltjies geneem. Die Proteas het op 142 vir ses gewankel toe kaptein Laura Wolvaardt […]

Read More

Epupa se toelaagaansoek is nie dringend nie, geskrap - October 10, 2025

‘n Dringende aansoek waarin Epupa Investment Technology gepoog het om die aanstelling van NamPost om toelae uit te betaal om te keer, het misluk. Epupa het die finansministerie hof toe gesleep maar regter Andrew Corbett het die aansoek van die rol geskrap, in wat hy meen ‘n tekort aan dringendheid is. Die saak sal oorgedra word […]

Read More

Ondersoekeenheid sal R900m in Tembisa-skandaal verhaal - October 10, 2025

Die hoof van die Spesiale Ondersoekeenheid, advokaat Andy Mothibi, sê hulle beplan om sowat 900 miljoen Suid-Afrikaanse rand te verhaal van die sindikaat wat betrokke was by die verduistering van miljarde uit die Tembisa-hospitaal deur middel van bedrieglike verkrygingskemas. Luukse motors was onder die items wat gister tydens ‘n klopjag uit ‘n herehuis in Sandton […]

Read More

Grossi sê IAEA werk saam met Afrikalande oor kernkrag - October 10, 2025

Die direkteur-generaal van die Internasionale Energie-agentskap, Rafael Mariano Grossi, sê namate Afrika-lande na kernkrag beweeg, is samewerking die sleutel om te verseker dat die vordering veilig en seker is. Meer as 20 Afrika-lande ondersoek die potensiaal van kernenergie, ook Namibië, met Suid-Afrika en Egipte wat reeds die voortou neem. Grossi sê finansiering en regulering sal […]

Read More

Venezuela se Machado vat Vredesprys - October 10, 2025

María Corina Machado het die Nobel-vredesprys gewen. Die voorsitter van die Nobel-komitee Jorgen Watne Frydnes het die aankondiging gemaak. Machado is ‘n Venezolaanse politikus en industriële ingenieur wat tans die opposisieleier in Venezuela is. Sy het van 2011 tot 2014 as ‘n verkose lid van die Nasionale Vergadering van Venezuela gedien.

Read More

Verdienste uit sosiale media – ons betaalsisteme is die probleem - October 10, 2025

Volgens die minister van inligting, Emma Theofelus het sy die ondersteuning van die Internasionale Telekommunikasie Unie gevra om Namibiërs toe te laat om betaling te kry van sosiale media platforms. Blykbaar het die ministerie met verskeie diensverskaffers gepraat om Namibiese sosiale media betalings moontlik te maak. Kosmos 94.1 Nuus het met Nrupesh Soni gepraat, eienaar […]

Read More

Fima-bepaling wek groot kommer onder mediese fondse - October 10, 2025

Mediese fondsadministrateurs waarsku dat meer as 550 000 Namibiërs die risiko loop om toegang tot private gesondheidsorg te verloor indien die voorgestelde uitkontrakteringsstandaard van die Fima-wet in sy huidige vorm geïmplementeer word. Die fondse het ‘n gesamentlike brief gerig aan Namfisa-hoof Kenneth Matomola, en sê dat die beperkings die fondsadministrasiebedryf kan destabiliseer en werksverliese veroorsaak. […]

Read More

Die EU skryf vir ons voor oor bewaring, terwyl hulle wild uitgewis is - October 10, 2025

Reaksie word steeds ontvang oor die Europese Unie wat Namibië se voorstel om die handel in renosterhoring te reguleer, teenstaan. Die EU het lidlande gevra om teen die voorstel te stem by die komende CITES vergadering. Alex Oelofse, die eienaar van Mount Etjo, verduidelik die stem-strukture van CITES, wat die EU meer mag gee as […]

Read More

Banke eis amper N$40m in mosiehof - October 10, 2025

Daar was 79 aansoeke vir verstekvonnisse in die mosiehof vanoggend, waarvan vier op die reël 108-rol was. Regters Orben Sibeya en Natasha Bassingsthwaite het die sessies hanteer waar kommersiële bank 31 aansoeke gebring het. Die bank eis 15 lenings met ‘n skuldlas van 3,6 miljoen Namibiese dollar op sowel as 16 eiendomme met uitstaande betalings […]

Read More