Aranos-gemeenskap staan saam maar kort bystand - October 31, 2025
Opdaterings kom in na ‘n kragtige donderstorm Woensdag deur Aranos geskeur het. Ongeveer 200 inwoners bly ontheem terwyl herstelpogings voortduur. Kosmos 94.1 Nuus het met Aranos-kiesafdelingraadslid Salomon Boois gepraat, wat sê ‘n ramprisikoverslag word saamgestel om te bepaal hoe om slagoffers die beste te help. Intussen staan die gemeenskap saam en bied ondersteuning aan bure […]
Andrew, die prins wat was - October 31, 2025
Buckingham-paleis sê koning Charles het ‘n amptelike proses begin om sy broer Andrew van sy koninklike titels te ontneem en hom uit die koninklike landgoed in Windsor te sit. Die 65-jarige het voortdurende kritiek teen hom oor sy voormalige vriendskap met die pedofiel-finansier Jeffrey Epstein. Hierdie kritiek het toegeneem na die vrystelling van ‘n postume […]
Kabinet sit kreef en stokvis kwotas uit - October 31, 2025
Die jongste kabinetsbesluite is bekendgemaak, en die kwotas vir kreef en stokvis vir die komende seisoen is onderskryf. Die kabinet het kennis geneem van die voorraad- en ekonomiese status van die kreef-subsektor, en onderskryf dat die totale toelaatbare vangs op 180 metrieke ton vasgestel word vir die 2025/2026 visvangseisoen. Die kreefseisoen open môre en sluit op […]
DA dring aan op misdaadstatistiek - October 31, 2025
Die DA het ‘n aansoek ingedien ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting om die Polisiediens en waarnemende minister Firoz Cachalia te dwing om die lank-uitstaande misdaadstatistiek vir die kwartaal tussen Januarie en Maart vry te stel. Die DA se woordvoerder oor polisie, Lisa Schickerling, sê ondanks herhaalde versoeke en beloftes is […]
Trump beveel Pentagon om kernwapens te toets, na Russiese toets - October 31, 2025
Die Amerikaanse president Donald Trump het die weermag gelas om onmiddellik toetse van Amerikaanse kernwapens te hervat ná ‘n 33-jaar gaping. Die bevel is minute voor die aanvang van ‘n vergadering met die Chinese president Xi Jinping uitgereik. Trump het gesê hy het die Pentagon opdrag gegee om die Amerikaanse kernarsenaal op ‘n gelyke basis […]
Vroue-wêreldbeker: Dis Indië teen SA - October 31, 2025
Nog geskiedenis is gemaak in die tweede semifinaal van die Wêreldbeker vir vroue toe mede-gasvrou Indië die verdedigende kampioen, Australië, in Mumbai met vyf paaltjies geklop het. Indië het ‘n reuse-telling van 339 gejaag en 341 vir vier aangeteken met nog nege balle oor. Dit was die hoogste wenteiken ooit in vroue-eendagwedstryde. Jemimah Rodrigues het […]
NV gevra om oor Brics-aansluiting te besluit - October 30, 2025
Die Swapo-parlementslid Tobie Aupindi het die parlement versoek om te besluit of Namibië by BRICS moet aansluit. Aupindi sê dat Brics-lidmaatskap ekonomiese groei sal bevorder, beleggings sal lok en internasionale samewerking sal verbeter. Hy het in die Nasionale Vergadering gepraat.
Weimers-Maasdorp moordsaak begin in Januarie 2026 - October 30, 2025
Aanklaer-generaal Martha Imalwa het gelas dat Wentzel Maasdorp, wat van moord op die 40-jarige Delia Weimers-Maasdorp aangekla word, in die Windhoekse hoërhof verhoor word. Weimers-Maasdorp, ‘n werknemer van Nust, is in April verlede jaar dood in haar Klein Windhoek-woonstel aangetref. Haar liggaam was in ‘n kombers toegedraai met tou daarom vasgebind. Die staat voer aan […]
TransNamib-verkryging onder die loep in hof - October 30, 2025
Quartile Investment se saak teen TransNamib was vandag in die hof en kwessies van vertroulike inligting is onder die loep, met TransNamib wat nie sy verkrygingsdokumente wil openbaar nie. Quartile vra die hof om te keer dat TransNamib RedForce aanstel as skuldinvorderaar en ook dat die verkryging wat deur die wet op openbare verkryging gedoen […]
Adjunkministers onnodig, sê ActionSA - October 30, 2025
ActionSA sê sy voorgestelde grondwetlike wysiging om adjunkministers af te skaf, is weer in die parlement geldig bewys. Matthew George van die party sê tydens die parlementêre ad hoc-komitee se sitting Dinsdag het die adjunkminister van Polisie, Cassel Mathale, erken dat geen verantwoordelikhede aan hom jaar toegeken is nie en dat hy en sy kollega, […]