Kate waarsku oor slimfone en ‘ontkoppeling’ - October 10, 2025
Die Prinses van Wallis waarsku dat te veel tyd op slimfone en voor rekenaarskerms ‘n “epidemie van ontkoppeling” skep wat die gesinslewe ontwrig. In ‘n essay wat op die webwerf van die Royal Foundation Centre for Early Childhood gepubliseer is, sê Catherine kinders moet aangemoedig word om sosiale en emosionele vaardighede te ontwikkel wat hulle […]
Reuse-naweek vir Namibiese krieket - October 10, 2025
Namibiese krieket kry ‘n splinternuwe tuiste, die FNB Namibië Krieketveld. Die nuwe stadion, wat gereed is om groot wedstryde aan te bied en die land se amptelike internasionale ovaal te word, is ‘n groot mylpaal vir die sport. Johan Muller, die uitvoerende hoof van Krieket Namibië, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die fokus sal […]
Nog reënweer op pad - October 10, 2025
Die eerste druppels val vanoggend in die sentrale gebied en volgens weerkenner George van der Merwe kom daar nog. Hy voeg by dat daar ‘n veldbrandgevaar bestaan, veral vandag, weens die ontwikkeling van donderstormselle wat met blitse en sterk wind sal gepaardgaan. Vog sal egter van Angola af bly invloei en volgende week is daar […]
Tamatie- en binnekort druiwe-produsente lamgelê, SA-grens is toe - October 10, 2025
Namibiese groente- en vrugteprodusente is in ‘n penarie aangesien uitvoere na Suid-Afrika sedert 18 Augustus opgeskort is. Suid-Afrika het alle uitvoerpermitte teruggetrek weens nie-nakoming van sanitêre vereistes aan Namibië se kant, maar pogings deur Namibië om bilaterale gesprekke te begin voer, het vasgeval. Die landbouministerie sê dat hulle steeds wag vir hul Suid-Afrikaanse eweknieë om […]
Bank sal na verwagting sy N$22,8m verstekvonnis kry - October 10, 2025
Regter Natasha Bassingsthwaite sal na verwagting vandag ‘n verstekvonnis ten gunste van Bank Windhoek, in die bedrag van amper 22,8 miljoen Namibiese dollar teen die Welwitchia Privaatskool toestaan. Die bank het in 2019 die geld aan die instansie geleen vir sy perseel in Brakwater, na hy te groot geword vir sy perseel in Eros. Die […]
Goud sal nog vir ‘n tydjie baie hoog bly - October 10, 2025
Goud het die week vir die eerste keer bo 4 000 Amerikaanse dollar per fynons gestyg te midde beleggers die veilige hawe aangekoop het om dekking te soek teen toenemende geopolitieke onsekerheid. Tradisioneel word goud as ‘n waardebewaarder gedurende tye van onstabiliteit beskou. Kosmos 94.1 Nuus het met bekende Suid Afrikaanse ekonoom, Chris Hart gepraat […]
Vredesprys vandag bekend, 338 genomineer - October 10, 2025
‘n Totaal van 338 persone en organisasies is benoem vir vanjaar se Nobelprys vir Vrede, wat vanoggend in Oslo, Noorweë, toegeken word. Dit is ‘n beduidende toename sedert verlede jaar, toe daar 286 benoemings was. Die meeste ooit was 376 in 2016. Onder vanjaar se kandidate is die Amerikaanse president, Donald, Trump, wat benoem is […]
Namib Mills verlaag mielie- en mahanguprodukte met 16% - October 10, 2025
Namib Mills het aangekondig dat hy die pryse van sy mielie- en mahangu-produkte gaan verlaag vanaf Maandag. Pryse sal met tot 16 persent val. Die maatskappy sê ten spyte van stygende koste in sekere produksie-areas weens inflasie, stel die onlangse verbetering in die beskikbaarheid en koste van die rou grane hom in staat om besparings […]
SAPD verkeer onder geweldige druk, misdaad styg, geld is min - October 10, 2025
Die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, sê die Suid-Afrikaanse Polisiediens is onder geweldige druk namate misdaad aanhou styg terwyl hulpbronne steeds beperk is. Hy het getuig voor die Parlement se ad hoc-komitee wat politieke inmenging in polisie-sake ondersoek. Masemola sê wetstoepassing het meer ingewikkeld geword sedert die Covid-19-pandemie, met werkloosheid en maatskaplike uitdagings wat misdaad aanvuur. […]
Israeliese kabinet bekragtig vredesooreenkoms - October 10, 2025
Israel se kabinet het die vredesooreenkoms bekragtig. Vlote vragmotors met voedsel en mediese hulp sal ook toegelaat word om Gaza binne te gaan. Hamas se verbanne Gaza-hoof, Khalil al-Hayya, sê dat hy waarborge van Amerika en ander bemiddelaars ontvang het dat die oorlog verby is. President Donald Trump het die aankondiging van die ooreenkoms in […]