Pelicot-verkragter appelleer, kry nog ‘n jaar by - October 10, 2025
‘n Franse hof het die appèl van ‘n voormalige konstruksiewerker, Husamettin Dogan, wat skuldig bevind is aan die verergerde verkragting van Gisele Pelicot, verwerp en sy gevangenisstraf met ‘n jaar tot tien jaar verleng. Pelicot se man, Dominique Pelicot, het haar oor byna ‘n dekade verdoof en tientalle mans aanlyn gewerf om haar te verkrag […]
Ian Khama prys Namibië-Botswana bande by straat-hernoeming - October 9, 2025
Feldstraat in Windhoek se Ausspannplatz is amptelik hernoem na Botswana se stigterspresident, Sir Seretse Khama. Khama het in 1966 in die amp getree nadat die voormalige Bechuanaland-protektoraat onafhanklikheid van Groot-Brittanje verkry het. Hy het tot 1980 gedien. Die hernoeming erken Botswana se rol in Namibië se geskiedenis. Sy oudste seun en voormalige president van Botswana, […]
Cyril vra WTO om handelstariewe te reguleer - October 9, 2025
President Cyril Ramaphosa het die Wêreldhandelsorganisasie versoek om handelstariewe te reguleer en multilaterale handelstelsels te verbeter om die manipulering van bestaande handelsbetrekkinge te beëindig. Hy het tydens die Europese Unie se forum in Brussel, België, beklemtoon die organisasie bly die enigste instelling wat globale handelsverskille kan bestuur. Ramaphosa bevestig ook Suid-Afrika se verbintenis tot samewerking […]
Frankryk ontvang Arabiese, Europese lande oor hulp aan Gaza na oorlog - October 9, 2025
Frankryk is vandag die gasheer vir ministers van buitelandse sake van Arabiese en Europese lande rakende gesprekke oor hulp aan die Palestyne sodra die Gaza-konflik tussen Israel en Hamas eindig. Israel en Hamas het vroeër ooreengekom oor ‘n wapenstilstand in Gaza om die oorblywende lewende Israelse gyselaars wat deur die Palestynse militante groep aangehou word, […]
2026 Comrades-marathon amptelik bekendgestel - October 9, 2025
Padwedlope: Die Comrades Marathon-vereniging het die 2026 ultramarathon op 14 Junie tussen Durban en Pietermaritzburg die week amptelik by Comrades-huis bekendgestel. Tydens die seremonie is die Setswana slagspreuk, “Ska Fela Moya” of “Moenie opgee nie” ook bekendgestel. Daar is ook hulde gebring aan Cheryl Winn, ‘n voormalige wenner en Comrades-administrateur, wat onlangs oorlede is. Inskrywings […]
Nust gee raad oor verkeer, parkering by Lentegradeplegtigheid - October 9, 2025
Die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie bied môre sy Lentegradeplegtigheid by die Mercure Hotel in Windhoek aan. Nust-woordvoerder Cindy van Wyk het alle motoriste gewaarsku om swaar verkeer naby die hotel te verwag. Sy sê weens voortdurende padwerke op Auasweg, tussen Sean McBridestraat en Mandume Ndemufayo-laan, sal geen parkering by die gradeplegtigheidslokaal beskikbaar wees […]
Dis nou of nooit vir Brave Warriors - October 9, 2025
Namibië se Brave Warriors is in ‘n positiewe luim en sien uit na hul Fifa Wêreldbeker-kwalifiseringswedstryd teen Liberië vanaand in Paynesville, sê afrigter Colin Benjamin. Hy sê die spelers is gemotiveer ondanks ‘n lang vlug Dinsdag van sowat 16 uur na Liberië. Die Warriors is tans tweede in Groep H met 15 punte, terwyl hulle […]
Wysigingswetsontwerp wil openbare ondernemings-bestuur verbeter - October 9, 2025
Die Wysigingswetsontwerp op die Bestuur van Openbare Ondernemings is amptelik in die parlement ter tafel gelê. Die voorgestelde wetgewing dui op ‘n groot verskuiwing in die bestuur van staatsbeheerde ondernemings, wat algehele toesig onder die gesag van die eerste minister plaas. Die wetsontwerp bemagtig ook lynministers om ondernemings onder hul ministeries direk te bestuur. Die […]
NLU het kommer oor minimumloon se druk op boere - October 9, 2025
Die Namibiese Landbou-unie het nuwe kommer uitgespreek oor die nasionale minimumloon en sê dat dit toenemende druk op boere plaas. Die landbouminimumloon in 2025 is 10 Namibiese dollar per uur, met geleidelike verhogings tot 14 dollar per uur in 2026 en 18 dollar per uur in 2027. Tydens die NLU se jaarlikse kongres vandag in […]
Zhero se groenwaterstof-projek kry groenlig - October 9, 2025
Die omgewingsministerie het Zhero Molecules Walvis Bay se sonkrag-aangedrewe groenwaterstof-projek net buite die Namib Naukluft-park die groenlig gegee, met ‘n omgewingsklaring-sertifikaat wat vir sy 3 gigawatt sonkrag-ontwikkeling uitgereik is. Die projek sal ook groenammoniak vervaardig deur elektrolise. Die projek is in drie pakette verdeel, met die eerste wat ‘n sonkrag fotovoltaïese terrein en oorhoofse transmissielyn […]