Zelensky kap Rusland oor aanvalle op infrastruktuur - October 9, 2025
Oekraïnse president Volodymyr Zelensky beskuldig Rusland dat hy chaos in Oekraïne wil veroorsaak met die aanvalle op sy land se energienetwerk en spoorweginfrastruktuur. Moskou het die afgelope weke lugaanvalle op Oekraïense energie-instellings en spoorwegstelsels geëskaleer. Zelensky sê hy stuur sy eerste minister en ‘n senior sanksie-raadgewer vroeg volgende week na die Verenigde State vir gesprekke […]
Gesondheidministerie stel belangrike strategië bekend - October 9, 2025
Die gesondheidministerie stel vandag die Nasionale Strategie vir Reproduktiewe, Moederlike, Pasgeborene-, Adolessente Gesondheid en Voeding amptelik bekend. Dit gaan ook die Driejaarlikse Verslag oor die Vertroulike Ondersoek na Moedersterftes, Stilgeboortes en Neonatale Sterftes vir die tydperk 2021 tot 2024 terselftertyd bekendstel. Lynminister Esperance Luvindao gaan die verrigtinge waarneem. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Walters […]
Getuienis bewys hoe ANC die staat gebruik het: COPE - October 9, 2025
COPE sê hy steun die onthullings van die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, oor hoe die Suid-Afrikaanse Polisiediens se Misdaadintelligensie vir politieke gewin gebruik is. Hy het getuig voor die Parlement se ad hoc-komitee wat bewerings van misdadige insypeling en politieke inmenging in die polisie ondersoek. COPE se waarnemende nasionale voorsitter, Pakes Dikgetsi, sê Mkhwanazi se […]
Taylor Swift se nuwe album breek stroom-rekord - October 9, 2025
Taylor Swift se nuwe album, The Life of a Showgirl, het binne sy eerste week die beste syfers ooit aangeteken vir ‘n album in die stroom-era. Volgens Billboard het die album die ekwivalent van 3,5-miljoen albumeenhede oorskry, in beide verkope en stroomdienste. Dit oortref Adele se album 25 wat voorheen die rekord gehou het op […]
Protea-snelbouler Maphaka uit wedstryd teen Namibië - October 9, 2025
Krieket: Die Protea-snelbouer Kwena Maphaka moes weens ‘n beenbesering onttrek aan Saterdag se eenmalige T20-wedstryd teen Namibië en die toer na Pakistan. Die 19-jarige het verlede week die besering opgedoen toe hy vir die Lions in Kaapstad gespeel het. Hy sal die volgende vier weke rehabilitasie ondergaan. Die Dolphins se snelbouler, Ottneil Baartman, vervang Maphaka […]
Namibia moet bek-en-klou sukses bewaar: NLU-president - October 9, 2025
Namibië se uitvoerstatus is ‘n seldsame Afrika-sukses en dit moet beskerm word. Dit was die boodskap van die president van die Namibiese Landbou-unie, Thinus Pretorius, wat aan boere by die NLU-kongres in Windhoek gesê het dat die land goeie vordering maak om bek-en-klouseer in toom, en uit te hou.
Dwelmmuil op Kaapstad-lughawe onderskep - October 9, 2025
‘n Dwelmmuil en koerier is Woensdag by die Kaapstad Internasionale Lughawe in hegtenis geneem. ‘n Polisiewoordvoerder, Zinzi Hani, sê die Valke se Narkotika-buro en ander wetstoepassingsagentskappe het op intelligensie gereageer en ‘n 35-jarige man onderskep toe hy van Doha, Katar, aangekom het. Sy sê die man het 5,1-kilogram van vermoedelik kokaïen ter waarde van meer […]
Brittanje se plastiekafval-uitvoere na armer lande styg 84% - October 9, 2025
Brittanje se uitvoere van plastiekafval na ontwikkelende lande het in die eerste helfte van hierdie jaar met 84-persent gestyg vergeleke met verlede jaar. Dit is volgens data van die Last Beach Cleanup. Die toename in uitvoere was hoofsaaklik na Indonesië en Maleisië. Die persentasie Britse plastiekafval wat direk na lande wat nie binne die Organisasie […]
Vier Bokke in Haaie se groep teen Leinster - October 9, 2025
Rugby: Vier Springbokke – Makazole Mapimpi, Ethan Hooker, Vincent Koch en Bongi Mbonambi – is in die Haaie se groep ingesluit vir Saterdag se Verenigde Rugbykampioenskapswedstryd teen Leinster in Dublin. Mapimpi en Hooker is in die opdrafspan en Koch en Mbonambi op die bank. Die losskakel Siya Masuku keer ook terug op die bank en […]
Skool versuip onder riool - October 9, 2025
Die Leevi Hakusembe Hoërskool in Kavango Wes is weer in die nuus na dit in 2020 deur Nanso gesluit is as gevolg van higiëne en sanitasie uitdagings. Destyds is die graad 11 en 12 leerders huis toe gestuur. Die skool word deur rou riool-oorstromings geteister wat klaskamers en die koshuis raak. Die skool se rioolstelsel […]