Kandidaat nominasies vorder – ECN - October 9, 2025
Namibiërs maak gereed vir die plaaslike- en streeksowerheid verkiesings op 26 November. Volgens die verkiesingskalender is dit nou die tydperk waarin verteenwoordigers genomineer word. Tydens ‘n regeringsinligtingsessie het die inligtingministerie met die hoofverkiesingsbeampte, Peter Shaama gepraat, wat meer inligting gee.
Macua vra kriminale ondersoek na Stilfontein - October 9, 2025
Mining Affected Communities United in Action het ‘n aanvullende verklaring by die Menseregtekommissie ingedien na Dag 3 van die Stilfontein-ondersoek. Macua sê die dood van 93 mynwerkers het die staat se minagting vir aanspreeklikheid blootgelê. Die organisasie het afwesige ministers, die Departement van Minerale Hulpbronne se versuim om aanbevelings te implementeer, en die Mineraleraad se […]
EU plaas fokus op KI-ontwikkeling - October 9, 2025
Die Europese Unie het Europese ondernemings in kritieke sektore aangesê om die gebruik van kunsmatige intelligensie te verhoog en het hul ook aangespoor om hul afhanklikheid van buitelandse KI-verskaffers te verminder. Die EU is wel agter teenoor Amerika en China, maar Brussel glo hy kan steeds meeding in die globale KI-wedloop. Die Europese Kommissie sê […]
Morikawa sê Ryderskare se wangedrag was nie sy skuld nie - October 9, 2025
Die Amerikaanse gholfspeler, Collin Morikawa, ontken dat sy opmerkings voor verlede maand se Ryderbeker-toernooi die toeskouers se opruiende gedrag by Bethpage in New York veroorsaak het. Hy het die tuisskare aangemoedig om harder te kere te gaan. Europese spelers is meedoënloos uitgejou terwyl selfs bier na Rory McIlroy se vrou, Erica, gegooi is. Morikawa sê […]
Boko stel belang in Namport, oliesektor - October 9, 2025
Die president van Botswana, Duma Boko is tans in die land en het reeds met president Netumbo Nandi-Ndaitwah vergader. Boko, wat op die oomblik hard daaraan werk om sy land se ekonomie weg van diamante te diversifiseer, sê hy stel belang in die oliesektor en ook om beleggings by Namport te maak. Hy het nie […]
Mandla Mandela sê hulle is in Israel mishandel - October 9, 2025
Nelson Mandela se kleinseun, Mandla Mandela, het die swak behandeling deur Israelse soldate beskryf nadat die Israelse Vloot hulle bote onderskep het. Hy sê hulle is kos geweier, geboei, geparadeer en hardhandig hanteer toe hulle in Asjdod aangekom het. Mandela sê Israelse owerhede het ook die 22-jarige Sweedse aktivis Greta Thunberg geteister. Hy beskryf die […]
Trump sê Illinois-amptenare moet tronk toe - October 9, 2025
Amerikaanse president Donald Trump het gevra dat top Illinois-amptenare tronk toe gestuur word omdat hulle volgens hom nie genoeg doen om die veiligheid van federale immigrasiebeamptes wat klopjagte in Chicago uitvoer, te verseker nie. Hy het in ‘n sosiale media-plasing gesê dat Chicago-burgemeester Brandon Johnson en Illinois-goewerneur JB Pritzker, albei Demokrate, “in die tronk moet […]
Root hou vol Engeland kan die As wen - October 9, 2025
Die Engelse kolwer Joe Root hou vol hulle kan hul tienjaar-lange As-droogte beëindig en dit uiteindelik weer huis toe bring na hul toer in Australië later vanjaar. Engeland het die As laas in 2015 gewen en hul laaste oorwinning in ‘n toetsreeks in Australië was in die 2010/11-seisoen. Die twee spanne het die mees onlangse […]
April soek nie ‘Katutura rumours’ in parlement nie - October 9, 2025
Swapo-parlementslid Salomon April het in die parlement kommer uitgespreek oor die groot aantal vrae wat elke week in die Nasionale Vergadering geopper word. Hy het aangevoer dat die kernverantwoordelikheid om wetgewing te debatteer en aan te neem, opsy gesit word, aangesien parlementêre sittings toenemend oorheers word deur vrae van opposisielede. April sê gerugte uit Katutura […]
Buitelanders en grond – Namibië is nie ‘n uitsondering nie - October 9, 2025
Die Vereniging vir Ekonomiese Beleidsnavorsing, Epra, het reeds in ‘n verslag oor die Grond-wetsontwerp gemaan dat ‘n verbod op buitelandse eienaarskap van kommersiële landbougrond onder meer beleggers kan afskrik. Die vereniging is ook van die mening dat die owerhede op werkloosheid moet fokus en nie grond-eienaarskap nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die bekende sakeman […]