Kommer oor kaartbedrog in Namibië - October 9, 2025

TransUnion sê Namibië toon een van die laagste vlakke van digitale bedrog in Afrika, maar staar toenemende blootstelling aan kaartverwante bedrog in die gesig. In sy tweede helfte verslag rakende bedrogtendense sê hy dat die algehele pogings tot digitale bedrog in Namibië onder 2 persent staan, wat die land een van die mees stabiele en […]

Read More

Dokters vra vir Mediese Beheerraad - October 9, 2025

Privaat gesondheidsorgverskaffers in Namibië verwerp bewerings dat hulle agter stygende mediese koste is en wys eerder op die meer as 1 miljard Namibiese dollar in surplusse wat deur mediese hulpfondse tussen 2024 en 2025 aangeteken is. Die uitvoerende hoof van die Namibië Privaat Praktisynsforum, dr. Jürgen Hoffmann, sê slegs 5,1 miljard dollar van die 6,1 […]

Read More

Bibi sê ooreenkoms is diplomatieke sukses - October 9, 2025

Die Israelse premier Benjamin Netanyahu het die ooreenkoms van die eerste fase van die Gaza-20-punt-vredesplan as ‘n diplomatieke sukses en ‘n nasionale en morele oorwinning vir Israel beskryf. Die ooreenkoms sluit ‘n Israelse onttrekking uit die Gazastrook en ‘n gyselaars-gevangene-uitruiling in. Netanyahu sê dat hulle deur standvastige vasberadenheid, kragtige militêre optrede en die pogings van […]

Read More

Staking begin by Stad Windhoek - October 9, 2025

Die Stad Windhoek het aangekondig dat ‘n groep vaste termyn-kontrakwerkers in die vaste afvalbestuur afdeling van vandag af met ‘n beskermde staking begin. Die industriële aksie volg op ‘n dispuut oor vergoeding en voordele-eise. Die stakende werkers is hoofsaaklik verantwoordelik vir rommel optel, strate vee en algemene skoonmaakdienste in verskillende woon- en sakegebiede. Gebeurlikheidsmaatreëls is […]

Read More

Popcru vergader oor polisiemoorde - October 9, 2025

Die polisie- en gevangenisvakbond, Popcru versoek ‘n nasionale spitsberaad om aandag te gee aan die groeiende aantal polisiemoorde. President Thulani Ngwenya het tydens Popcru se Sentrale Uitvoerende Komitee-vergadering in Johannesburg, kommer uitgespreek oor voortdurende uitdagings in die strafregstelsel te midde van die Madlanga-kommissie van ondersoek. Hy sê nuwe strategieë word dringend benodig om beamptes te […]

Read More

Eerste fase van Gaza-vrede ooreengekom - October 9, 2025

President Donald Trump sê Israel en Hamas het ooreengekom oor die eerste fase van die 20-punt-vredesplan vir Gaza wat die spoedige vrylating van alle gyselaars moontlik maak. Die aankondiging volg op dae van onderhandelinge tussen Israel en Hamas in Egipte. Trump sê Israel sal sy weermag uit die Gazastrook na ‘n ooreengekome gebied onttrek. Hamas […]

Read More

Renaldo eerste sokkerspeler wat miljardêr status bereik - October 9, 2025

Cristiano Ronaldo het die eerste sokkerspeler geword om miljardêrstatus te bereik, met die jongste Bloomberg Billionaires-indeks wat die Portugese ster se netto waarde op 1,4 miljard Amerikaanse dollar skat. Die 40-jarige doelskieter het in Junie ‘n nuwe kontrak met die Saoedi-span Al-Nassr onderteken, wat volgens berigte meer as 400 miljoen dollar werd is. Bloomberg sê […]

Read More

LLPB verduidelik vordering met EU ontbossing-regulasies - October 8, 2025

Hierdie week is die Namibiese Landbou Unie saam met die Lewendehawe Produsente Organisasie besig met hulle jaarvergaderings. Baie kwessies word bespreek en die EU se ontbossing-regulasie wat op 1 Januarie in werking moes tree maar is uitgestel tot 2026, het ook onder die loep gekom. Namibië se beesvleiswaardeketting werk daaraan om te voldoen aan die […]

Read More

Nathi Mthethwa kry spesiale amptelike begrafnis - October 8, 2025

President Cyril Ramaphosa het ‘n spesiale amptelike begrafnis kategorie twee toegestaan aan die ontslape Suid-Afrikaanse ambassadeur in Frankryk, Nathi Mthethwa. ‘n Gedenkdiens is vandag in Parys gehou ná Mthethwa se dood verlede week, nadat hy volgens berigte van die 22ste verdieping van die Hyatt Regency Hotel in Parys geval het. Sy liggaam sal na verwagting […]

Read More

Madagaskar jeugbetogers weier om met president te vergader - October 8, 2025

Die jeuggeleide beweging wat agter die byna daaglikse betogings in Madagaskar is, sê “solank die onderdrukking voortduur” sal hulle nie ‘n vergadering bywoon wat president Andry Rajoelina vir vandag belê het nie. Rajoelina het die openbare vergadering by die presidensiële paleis belê nadat ‘n weermaggeneraal vroeër die week as die nuwe eerste minister aangestel is, […]

Read More