Krieket: Engeland boaan Wêreldbeker vir vroue-punteleer - October 8, 2025

Krieket: Engeland het sy tweede oorwinning van die Wêreldbekertoernooi vir vroue behaal deur Bangladesh in ‘n taai stryd in Guwahati met vier paaltjies te klop. Engeland is nou bo-aan die punteleer. Sophia Ecclestone het drie paaltjies platgetrek en Bangladesh is vir 178 uitgeboul. Heather Knight het daarna ‘n onoorwonne 79 aangeteken en hulle het die […]

Read More

Nanso gaan gedwonge kruipery by skool ondersoek - October 8, 2025

Die Namibië Nasionale Studente-organisasie, Nanso gaan ‘n onafhanklike ondersoek instel na ‘n voorval in die Kavango Wes-streek. Tydens die insident het ‘n onderwyser blykbaar leerlinge vir 30-minute op hul knieë laat loop. Die voorval was vasgevang op video en het wyd op sosiale media sirkuleer. Beeldmateriaal wys hoe leerlinge beserings op hul knieë opgedoen het. […]

Read More

Agt Namibiese atlete gaan na eerste Afrika-unie Sportraad Streek 5-marathon - October 8, 2025

Namibië stuur ‘n span van agt atlete na die Afrika-unie Sportraad Streek 5-marathon, wat die naweek in Tshwane, Suid-Afrika, sal plaasvind. Dit is die eerste uitgawe van die marathon, wat daarop gemik is om langafstand-atlete van reg oor die tien streek 5-lande bymekaar te bring. Die marathon bied wedrenne oor 21km, 10km en ‘n 5km […]

Read More

Etosha-brand: 15 diere sover dood, waarvan 12 olifante en renosterkalf - October 8, 2025

Die omgewingministerie het bevestig dat 25 diere, insluitend 12 olifante en ‘n renosterkalfie, dood is in die massiewe brand wat deur die Etosha Nasionale Park gevee het. Die direkteur van parke en wildlewe in die ministerie, Bennett Kahuure, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die meeste watergate nou nagegaan is vir aangetaste wildlewe, met […]

Read More

Grond-wetsontwerp ‘moet vroue, veral weduwees, beter beskerm’ - October 8, 2025

Terwyl die parlement die wetsontwerp rakende grond debatteer, word aanbevelings gemaak oor hoe dit verbeter kan word. Die wet sal die 1995 Landbou-kommersiële Grondhervormingswet en die 2002 Kommunale Grondhervormingswet vervang. Regskonsultant Dianne Hubbard sê die wet benadeel vroue, veral weduwees, wanneer dit by grondeienaarskap kom. Hubbard het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Read More

Nust-raad sit visekanselier op voorsorgskorsing - October 8, 2025

Die raad van die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie, Nust, sê in ‘n verklaring hy het beslissend opgetree in reaksie op onlangse bewerings van wanbestuur teen die visekanselier, professor Erold Naomab. Die raad het besluit om ‘n forensiese ondersoek van stapel te stuur wat die bewerings onafhanklik en onpartydig sal ondersoek. Dit sal deur […]

Read More

Duitse federale polisie mag nou hommeltuie afskiet - October 8, 2025

Duitsland se federale polisie sal voortaan toegelaat word om hommeltuie af te skiet na ‘n onlangse reeks waarnemings, waarvoor Berlyn Rusland die skuld gee. Die minister van Binnelandse Sake, Alexander Dobrindt, het die wetsontwerp bekendgemaak en gesê die polisie sal nou steuringstoestelle kan gebruik of fisiese maatreëls tref om hommeltuie te onderskep en af te […]

Read More

Grense aangepas vir groente-invoere in Oktober - October 8, 2025

Die Namibiese Akkerbouraad het die grenssluitings vir Oktober bekend gemaak. Die grens is tans gesluit vir invoere van beet, botterskorsie, kool, Engelse komkommer, uie, pampoen, kersietamaties, ronde tamaties en spinasie. Invoere van skorsies, gewaste aartappels en soetmielies word toegelaat. Pro-rata invoere is van toepassing op wortels, gekleurde soetrissies, groen soetrissies, patats, konfyt-tamaties, waatlemoen, spanspek en […]

Read More

Ma’s, gogo’s gebruik musiek teen trauma en angs - October 8, 2025

Die ma’s en gogo’s van die One to One Africa-liefdadigheidsorganisasie in die Oos-Kaap, gebruik musiek om gemoedere en siele in sukkelende gemeenskappe te genees met ‘n gemeenskapsgesondheids-ingryping bekend as die Chime-veldtog. Chime mentor ma’s wat opgelei is in basiese gesondheidsorg om oorspronklike liedjies te gebruik om trauma en angs te verlig. Die uitvoerende direkteur, Gqibelo […]

Read More

Nobelprys vir Fisika gaan vir kwantummeganika - October 8, 2025

Vanjaar se Nobelprys vir Fisika is toegeken aan die Amerikaners John Clarke, Michel Devoret en John Martinis vir hulle grondverskuiwende proefnemings wat die kwantummeganiese effekte in ‘n handgrootte elektriese stroombaan demonstreer. Die bekroondes sal 18-miljoen Namibiese dollar deel. Olle Eriksson van die Koninklike Sweedse Akademie van Wetenskap sê die drietal het bewys dat kwantum-tonnelering en energie-kwantisering […]

Read More