NamPost maak toelaag-betalings se datums bekend - October 30, 2025
NamPost het kennis gegee dat geen maatskaplike toelaes voor 3 November betaal sal word nie, want dit is wanneer die betalingsiklus begin. Die maatskappy het ook die datums bekendgestel wanneer betalings gemaak sal word. Begunstigdes kan al die datums op die NamPost sosiale media blaaie kry. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met NamPost se woordvoerder, […]
Namibiërs brand die pad in Nedbank Gravel Burn bergfietstoer - October 30, 2025
Namibiese fietsryers vaar goed in die Nedbank Gravel Burn bergfietstoer in die Wes-Kaap, wat behels dat bykans 800 kilometer in sewe dae in skofte afgelê word. Na Woensdag se vierde skof is Alex Miller en Martin Freyer onderskeidelik 18de en 19de in die professionele mansresies se algehele klassifikasie. In die mans 19 tot 34 jaar-kategorie […]
Euro-verpligting is betaal, maar 40% van die skuld bly - October 30, 2025
Namibië het amptelik sy Euro-verpligting van 750 miljoen Amerikaanse dollar, sowat 13,5 miljard Namibiese dollar, terugbetaal. Rondom 6 miljard Namibiese dollar, sowat 40 persent van die skuld, is geleen van plaaslike banke wat ‘n impak kan hê op privaatsektor kredietverlening. Die Cirrus ekonoom Robert McGregor verduidelik. Hy sê die bepalings van die lenings deur die […]
SA rand sterk na gryslys-verwydering, en Namibië baat ook - October 30, 2025
Die Suid-Afrikaanse rand het versterk tot net bo 17 teenoor die Amerikaanse dollar nadat Suid-Afrika van die Finansiële Aksietaakmag se gryslys verwyder is. Die ontwikkeling volg op die Amerikaanse Federale Reserweraad se besluit om sy maatstafkoers te verlaag met 25 basispunte, wat vraag na die Amerikaanse geldeenheid afdwing en dus verswak dit. Plaaslike ekonoom Josef […]
Befondsingtekorte bedreig padinfrastruktuur - October 30, 2025
Terwyl Namibië se paaie geloof word op die vasteland staar die padinfrastruktuur ’n toenemende finansiële krisis in die gesig, met die Padfondsadministrasie wat ’n tekort van 4,5 miljard Namibiese dollar aangeteken het. Die administrasie se uitvoerende hoof, Ali Ipinge, sê die situasie weerspieël ’n voortgesette tendens van swak befondsingsvlakke. Hy maak staat op padgebruikerheffings vir […]
Nog 5 in hegtenis oor Louvre-inbraak - October 30, 2025
Die Franse polisie het nog vyf verdagtes in hegtenis geneem in verband met die gewaagde rooftog in die Louvre-museum, insluitend die hoofverdagte wie se DNS op die toneel gevind is. Vier diewe het op 19 Oktober ‘n vragmotor met ‘n hysbak en snytoerusting gebruik om by ‘n galery op die eerste verdieping in te breek […]
Onderwys, opleiding ‘moet in lyn kom met markvraag’ - October 30, 2025
Die onderwysministerie word aangespoor om ‘n holistiese blik op die land se huidige vaardigheids- en arbeidsbehoeftes te neem. Mede-ekonomiedosent by Unam, professor Denis Yuni, sê ‘n omvattende assessering sal help om Namibië se groeiende vaardigheidsgaping te oorbrug en te verseker dat onderwys en opleiding beter in lyn is met werklike markvraag. Hy het gepraat tydens […]
Vaaldam weer oorvol - October 30, 2025
Die Departement van Water en Sanitasie sê die Vaaldam is weer vol nadat dit Dinsdag ‘n vlak van 100,88-persent bereik het. Gedurende dieselfde tydperk verlede jaar was die dam net 34,77-persent vol. Volgens die departement het die goeie reënval in Gauteng en die Vrystaat gesorg dat die dam ‘n bestendige vlak handhaaf. Owerhede sal egter […]
Trump kan dooiepunt oor regeringsluiting oplos: Bernie Sanders - October 30, 2025
Die Amerikaanse regering se sluiting is nou in sy vyfde week. Die mees kritieke element is die sperdatum vir SNAP, die voedselkoepon-program vir 42 miljoen armoedige Amerikaners. Die befondsing sal op 1 November opraak. Maar, die Republikeine en Demokrate wys vinger na mekaar, terwyl die president reis. Die leier van die Republikeine in die Senaat, […]
St Andrews se ‘Ou Baan’ word verleng vir 2027 se Ope - October 30, 2025
Gholf: Ses putjies van St Andrews se ‘Ou Baan’ word verleng vir 2027 se Ope, hoofsaaklik deur die afslaanbowwe te verskuif. Dit sal die algehele baanlengte tot 6 807-meter verleng. Ander veranderinge sluit in die verskuiwing van sandkuile op die tweede putjie en die byvoeging van sandkuile op drie ander putjies. Neil Coulson van die […]