Meer as 100 000 vlug opstand in Mosambiek - October 8, 2025
Die Verenigde Nasies is besorgd oor die aantal burgerlikes wat van geweld in noordelike Mosambiek vlug. Die VN-vlugtelingagentskap sê meer as 100 000 vlugtelinge het sedert die begin van die jaar uit hul huise gevlug, met byna 22 000 mense wat in ‘n enkele week aan die einde van September gevlug het. Hernude aanvalle is […]
VSA-Kanada handelsooreenkoms amper daar – Carney - October 8, 2025
Die Kanadese premier, Mark Carney, sê hy is optimisties oor die vooruitsigte om uiteindelik ‘n handelsooreenkoms met die VSA te bereik. Hy het Dinsdag die Withuis besoek. Die Amerikaanse president Donald Trump het in Julie ‘n heffing van 35-persent op Kanadese invoere ingestel, maar het vrystellings toegelaat vir goedere wat onder die handelsooreenkoms tussen die […]
Varkproduksie verbeter plaaslik - October 8, 2025
Plaaslike varkproduksie is besig om te styg, volgens die Lewendehawe- en Lewendehaweprodukteraad. Die raad se jongste markoorsig toon dat varkvleisproduksie die afgelope jaar met 3,7 persent gestyg het, en verdere groei word verwag. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Desmond Cloete, die raad se bemarkingsbestuurder, wat verduidelik.
Uitspraak in LPM-volksmoordsaak op 18 November - October 8, 2025
Uitspraak in die aansoek deur die LPM se Bernadus Swartbooi en verskeie Ovaharero en Nama tradisionele owerhede sal op 18 November gelewer word. Swartbooi wil Duitsland dwing om die hoërhofsaak, waar die partye die Gesamentlike Verklaring deur Duitsland en Namibië rakende die volksmoord ter syde wil stel, te betree. Regters Hannelie Prinsloo, Orben Sibeya en […]
Eskom en Nersa se skikking is eers gestaak - October 8, 2025
AfriForum het Eskom en Nersa se skikking van 54 miljard Suid-Afrikaanse rand, wat verbruikers ‘n jaarlikse tariefverhoging van byna 9 persent kon kos, tydelik gestaak. Die hof in Pretoria het onbestrede die saak van die rol geskrap nadat AfriForum ingegryp het, wat die groep en ander toelaat om by die verrigtinge aan te sluit. Deidré […]
Nasionale Wag: Rits hofsake geloods - October 8, 2025
Die Amerikaanse president, Donald Trump, se pogings om die Nasionale Wag in Demokratiese stede te ontplooi het ‘n reeks hofaansoeke veroorsaak. Hy sê die ontplooiing is gemik teen wetteloosheid en om agente te help om sy immigrasie-beleid af te dwing. ‘n Federale regter het die administrasie tot die einde van die dag kans gegee om […]
Coenie Botha gedagvaar vir N$842 000 - October 8, 2025
Bank Windhoek dagvaar Coenie Botha en Hallie Investments Number Thirty Eight vir onderskeidelik 842 000 Namibiese dollar en 250 000 dollar. Die saak handel oor ‘n eiendom in Swakopmund wat uiteindelik deur die bank verkoop is wat hy sê hy volmag voor gehad het. Hallie Investments is genoem omdat, volgens die bank, borg van 250 […]
LLF vorder goed in Kunene-streek - October 8, 2025
Die Legacy Landscape Fund waaraan Namibië deelneem word gebruik om die Skedelkus- en Etosha-omgewing in die lang termyn te verbind, om toerisme en bewaring in die twee gebiede te bewerkstellig. Die fonds ontvang jaarliks 1 miljoen euro vir verskeie bewaringsinisiatiewe. Die LLF is ‘n wêreldwye organisasie wat in Duitsland gestig is om bewaring wêreldwyd moontlik […]
SA-sindikate het regstelsel binnegedring - October 8, 2025
Die polisiekommissaris van KwaZulu-Natal, Nhlanhla Mkhwanazi het aan die parlement se ad hoc komitee gesê, kriminele sindikate landswyd het gedeeltes van die regstelsel binnegedring. Die komitee wat Mkhwanazi se beweringe oor polisiekapings aanhoor, het gister begin. Hy het getuig dat korrupsie nie beperk is tot KZN of Gauteng nie, maar ook provinsies soos die Wes-Kaap […]
Million Dollar One Point Slam vind net voor Aussie Ope plaas - October 8, 2025
‘n Ongelooflike 1 miljoen Australiese dollar, of 11,3 miljoen Namibiese dollar is op die spel in ‘n toernooi tussen amateurs en hoëprofiel-spelers, insluitend wêreld-nommer-een, Carlos Alcaraz van Spanje, in Australië in Januarie. In die sogenaamde Million Dollar One Point Slam speel tien amateurs teen 22 beroepspelers voor die begin van die Australiese Ope in Melbourne. […]