Agoa se verval het ‘n ander impak as net handel  - October 8, 2025

Terwyl Agoa se verval nie ‘n wesenlike impak plaaslik het nie, meen Simonis Storm ekonoom Almandro Jansen dat die langtermynrisiko in stadiger diversifikasie en dalende beleggersvertroue lê. Hy sê sonder Agoa sal nuwe vervaardigings- en verwerkings ondernemings wat op die Amerikaanse mark gemik is, waarskynlik verlangsaam. Dit verminder Namibië se aansporings om beleggings in hoërwaarde-uitvoere […]

Read More

Beter groei vir Afrika vanjaar  - October 8, 2025

Die Wêreldbank sê die ekonomie van Afrika suid van die Sahara sal na verwagting hierdie jaar met 3,8-persent groei wat hoër is as die 3,5-persent van April. Dit word gedryf deur bestendige inflasie en die wisselkoers in lande soos Ethiopië. Die bank se Africa Pulse-verslag verwys na verbeterde omstandighede wat privaatverbruik en beleggings aanwakker. Daar […]

Read More

Trump vergader met Carney  - October 8, 2025

Amerikaanse president Donald Trump en Kanadese eerste minister Mark Carney het Dinsdag samesprekings gehou oor handel en ander kwessies. Terwyl die twee vroeër koppe gestamp het nadat Trump gesê het Kanada behoort by Amerika ingelyf te word en hoër handelstariewe op die land ingestel het, was die atmosfeer merkbaar ligter. Trump het in ‘n Withuis-perskonferensie […]

Read More

Broos sê sy span verdien om aan wêreldbeker deel te neem  - October 8, 2025

Bafana Bafana se afrigter, Hugo Broos, sê sy spelers verdien dit om aan volgende jaar se Wêreldbeker-toernooi deel te neem nadat hulle die afgelope twee jaar baie hard gewerk het. Fifa het verlede maand drie punte van Suid-Afrika afgetrek omdat hulle ‘n geskorste speler teen Lesotho laat opdraf het. Broos sê hulle moet hul laaste […]

Read More

Dis nie net vee en wild wat gesteel word nie…  - October 8, 2025

Veediefstal en stropery duur onverpoosd voort op plase regoor die land, volgens Rickus Spangenberg van K9 Anti-Poaching and Security. In ‘n opdatering aan Kosmos 94.1 Nuus het Spangenberg onthul dat misdadigers nou ook sonkrag-pompe begin teiken, met sewe wat in ‘n week as gesteel aangemeld is. Hy sê dat die voortdurende plaasdiefstalkrisis geen tekens van […]

Read More

Trustco kap terug na N$5m boete deur JSE - October 8, 2025

Trustco Groep kap terug na hy ‘n boete van 5 miljoen Namibiese dollar en openbare kritiek van die Johannesburg Effektebeurs opgelê is. Die beurs het Trustco daarvan beskuldig dat hy aandele in sy mynboufiliaal, Meya Mining, sonder aandeelhouersgoedkeuring verkoop het. Die geskorste genoteerde maatskappy sê die beurs is te blameer vir obstruktiewe vertragings en ‘n […]

Read More

Pikkie Paradys sê oor gewapende roof - October 8, 2025

Pikkie Paradys, die kleuterskool wat op 30 September die teiken van ‘n gewapende roof was, sê in ‘n verklaring dat die kontant, volgens die polisie, 100 000 Namibiese dollar, op die perseel was as gevolg van betalings vir die skool se fotoweek. Die rowers, wat nie hulle gesigte bedek het nie, het ook net die […]

Read More

Maak eers tuis reg voor jy die land begin verkoop - October 8, 2025

Die jongste kwartaallikse ekonomiese oorsig deur die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing vra moeilike vrae oor die toekoms van die Namibiese Beleggingsbevorderings- en Ontwikkelingsraad. Ten spyte van ‘n projek-pyplyn van 174 miljard Namibiese dollar en meer as 700 miljoen dollar in openbare befondsing, sukkel die raad met dalende private beleggings, swak mededingendheidsgraderings en voortdurende beleidsonsekerheid. Terwyl […]

Read More

Dit knetter om Nobel-pryswenners in die hande te kry - October 8, 2025

‘n Nobelpryswenner het ‘n oproep van gelukwensing geïgnoreer omdat sy gedink het dit is ‘n vals-oproep terwyl ‘n ander persoon tans op ‘n staptog is. Wetenskaplikes Mary Brunkow, Fred Ramsdell en Shimon Sakaguchi het die 2025 Nobelprys vir Geneeskunde gewen vir die identifisering van regulatoriese T-selle. Dit is die immuunstelsel se sekuriteitswagte en keer dat […]

Read More

Abattoirs kan nou aansoek doen vir Noorweegse kwota - October 8, 2025

Alle kwalifiserende abattoirs word deur die Lewendehawe en Lewendehawe-produkteraad genooi om aansoek te doen vir ‘n deel van die Noorweegse beesvleis-uitvoerkwota vir 2026. Nuwe rolspelers wat aan die vereistes voldoen word aangemoedig om ook aansoek te doen. Die kwota is vir 1 600 ton beesvleis en aansoekers moet stipuleer vir watter deel daarvan hulle aansoek […]

Read More