Teddy Bear-stigting dring op aanspreeklikheid - October 8, 2025
Die drukgroep SECTION27, wat die Teddy Bear-stigting verteenwoordig, het die hof in Pretoria genader met ‘n aansoek vir ‘n bevel teen verskeie departemente om die Nasionale Kinderbeskermingsregister op datum te hou en te implementeer. Die aansoek spruit uit ‘n saak in 2022 waarin ‘n leerder by ‘n skool in Noordwes deur ‘n opsigter verkrag is. […]
Kongreslede looi Bondi in bitsige sessie - October 8, 2025
Die Amerikaanse prokureur-generaal Pam Bondi, wat deur president Donald Trump gekies is om die departement van justisie te lei, moes in ‘n soms bitsige sessie vrae in die Kongres antwoord oor politieke druk op die departement. Dit volg nadat Trump op sosiale media haar gedruk het om sy politieke teenstanders te ondersoek. Daar was ook […]
Denemarke wil sosiale media vir o-15’s verbied - October 8, 2025
Deense premier Mette Frederiksen sê die land sal sosiale media vir onder-15’s verbied, en beskuldig selfone en sosiale netwerke daarvan dat hulle ‘ons kinders se kinderjare gesteel’ het. Sy het die aankondiging tydens die opening van die Deense parlement gemaak en gesê dat ‘n monster losgelaat is. Frederiksen het bygevoeg dat daar nog nooit tevore […]
Nuwe Kunene-streekshoof wil fokus op sleutelbydraers tot aanrandings - October 7, 2025
Die nuut aangestelde NamPol streeksbevelvoerder vir die Kunene-streek, kommissaris Eric Clay, prioritiseer die stryd teen alkohol- en dwelmmisbruik, sleutelbydraers tot aanrandingsake in die gebied. In ‘n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het Clay, wat op 1 Oktober in die amp getree het, gesê sy leierskap sal fokus op sterk, samewerkende verhoudings met die publiek.
Hoof-Kaza veldwagter in hof na renosterstropery - October 7, 2025
Die hoof-veldwagter vir die Kavango-Zambezi oorgrens-bewaringsgebied, of Kaza, het in die Okahandja-landdroshof verskyn op aanklagte van sameswering om spesiaal beskermde wild te jag, en die besit van ‘n vuurwapen en ammunisie sonder ‘n lisensie. Willem Ponahazo het na bewering in April vanjaar ‘n geweer na Windhoek gekoerier, wat deur vermeende stropers afgehaal is en gebruik […]
Mthethwa se liggaam Vrydag in SA verwag - October 7, 2025
Die woordvoerder van die familie van die ontslape ambassadeur Nathi Mthethwa, Sfiso Buthelezi, het bevestig hy het sy liggaam in die lykshuis besigtig voor repatriasie. Mthethwa is verlede week dood toe hy volgens berigte van die 22ste verdieping van die Hyatt Regency Hotel in Parys geval het. Sy oorskot sal na verwagting Donderdag uit Frankryk […]
Harry Kane sal dalk aanbly by Bayern Munich - October 7, 2025
Sokker: Engeland se kaptein, Harry Kane, oorweeg dit om aan te bly by Bayern Munich nadat sy belangstelling om terug te keer na die Premierliga afgekoel het. Kane het die seisoen op ‘n hoogtepunt afgeskop en 18 doele in tien wedstryde aangeteken om die Duitse kampioen se verdediging van sy Bundesliga-titel aan te vuur. Die […]
Alte Feste-restourasie sal N$60 miljoen kos - October 7, 2025
Restourasiewerk by die Alte Feste Museum is aan die gang en sal na verwagting binne die volgende jaar voltooi wees, ten spyte van die onttrekking van ‘n Amerikaanse toelaag van 4 miljoen Namibiese dollar. Die projek word gelei deur die Namibia Craft Centre in vennootskap met die ministerie van kuns en kultuur. Die gebou, wat […]
Unam Phoenix wen 4de Khomas Basketbalvereniging Vroue Premierliga-titel - October 7, 2025
Unam Phoenix is die 2025 Khomas Basketbalvereniging Vroue Premierliga kampioene, na hulle na vier wedstryde in die beste-van-sewe reeks teen Ongos Shooting Stars onoorwonne was. Dit is die vierde agtereenvolgende jaar dat Phoenix die titel wen. In die Mans Premierliga het Quality Basketball teruggeveg van ‘n twee-nul agterstand in hul beste-van-sewe reeks teen Unam Wolves […]
N$1,5 miljoen aan ingevoerde krag ‘kon na Namibiese sakke gaan’ - October 7, 2025
Volgens Eskom se internasionale verkope per land-verslag het Namibië 1 079 gigawatt-ure elektrisiteit uit Suid-Afrika ingevoer in die finansiële jaar wat op 31 Maart 2025 geëindig het. Die invoere het Namibië 1,5 miljard Namibiese dollar in inkomstebydraes aan Eskom gekos. Namibië se invoere het meer as verdubbel van 423 gigawatt-ure in 2024, maar was onder […]