Cedric Willemse sal op 28 Okt. hoor oor borgtog - October 7, 2025
Slotbetoë is vandag aangehoor in die borgtogaansoek van Cedric Willemse, die voormalige Namcor-bestuurder wat op 17 aanklagte in die Namcor-korrupsieskandaal teregstaan. Aanklaers sê Willemse het probeer vlug en beskuldig hom daarvan dat hy massiewe finansiële verliese moontlik gemaak het. Maar sy verdediging hou vol dat die Staat nie bewyse het nie en noem die aanklagte […]
Kavango-Wes 1X-put net bo Otavi-reservoir: ReconAfrica - October 7, 2025
Brian Reinsborough, die president en uitvoerende hoof van ReconAfrica, sê in ‘n opdatering van boorwerk aan die Kavango-Wes 1X-put dat alles volgend skedule verloop. Die finale omhulsel-string is op ‘n diepte van ongeveer 2300 meter gestel, net bokant die geteikende Otavi-reservoir. Boorwerk gaan tans voort in die Otavi-karbonaatreservoir, die primêre teiken in die Damara-vougordel. Die […]
Namibië 2de op lys van 20 beste plekke om te besoek - October 7, 2025
Namibië is tweede op TimeOut se 20 beste plekke om tussen Oktober en Februarie te besoek. Dit is omdat lande in die Noordelike Halfrond in dié tyd kouer weer ervaar. Sharm-el-Sjeik in Egipte, bekend vir sy turkoois water en wolklose blou hemel feitlik heeljaar, is boaan die lys. Ciprus is in die derde plek, gevolg […]
Dís hoekom Mariental pensioenarisse se skuld afgeskryf het - October 7, 2025
Die Mariental-munisipaliteit het senior burgers se agterstallige skuld van meer as 1,2 miljoen Namibiese dollar afgeskryf. Ongeveer 249 pensioenarisse het hierby gebaat, na ‘n besluit deur die raad tydens ‘n vergadering wat verlede maand gehou is. Kosmos 94.1 Nuus het met Mariental se burgemeester, Cherien Kock, gepraat wat sê die besluit is geneem nadat na […]
SA aktiviste van Gaza-flottielje kom in Jordanië aan - October 7, 2025
Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, het die veilige aankoms van die Global Sumud-flottielje se aktiviste in Jordanië aangekondig. Hy sê die Suid-Afrikaanse ambassadeur, Tselane Mokuena, was teenwoordig om die afvaardiging namens die land te ontvang. Lamola herbevestig die regering se opregte dankbaarheid aan alle belanghebbendes wat bygedra het tot die suksesvolle […]
Pro-Palestynse betogings vandag ‘is oneerbiedig’ - October 7, 2025
Die Britse eerste minister Keir Starmer het studente versoek om die beplande pro-Palestynse betoging vir die tweede herdenking van Hamas se aanval in Israel op 7 Oktober 2023 te laat vaar, en noem dit oneerbiedig. Studente van verskeie Londense universiteite sou vanmiddag by hul klasse uitgestap het om na die middestad van die Britse hoofstad […]
Raducanu onttrek aan Wuhan Ope oor hitte - October 7, 2025
Tennis: Emma Raducanu het haar bloeddruk en ander liggaamsfunksies getoets voordat sy weens duidelikheid onttrek het aan haar eersteronde-wedstryd in die Wuhan Ope. Die Britse wêreld-nommer-30 was 6-1, 4-1 agter teen die Amerikaner Ann Li in die temperatuur bo 30 grade Celsius. Die organiseerders het die hitte-reël op die eerste twee dae van die kompetisie […]
Regering praat (weer) met Angola oor kinders op strate - October 7, 2025
Kommer het weer ontstaan oor groepe minderjariges, na bewering van Angola, wat houtprodukte in dorpe regoor Namibië verkoop. In Mei 2024 is die kinders en hul moeders terug na Angola begelei, maar die kinders is terug. Kosmos 94.1 Nuus het met Nghidinua Daniel, uitvoerende direkteur van binnelandse sake gesels, wat sê dat die regering die […]
Meer as 15 000 verdagtes in arres in een week - October 7, 2025
Die polisie het die afgelope week 15 350 vermeende misdadigers in hegtenis geneem as deel van landwye Shanela-operasies. Onder die arrestasies is 176 moordverdagtes en 155 vir poging tot moord. Die Oos-Kaap het die hoogste aantal moordarrestasies gesien, met 60, gevolg deur KwaZulu-Natal, met 43. Polisiewoordvoerder, Amanda van Wyk, sê verbode goedere ter waarde van […]
Hernubare energie eerste keer ooit meer as steenkoolbronne - October 7, 2025
Vir die eerste keer ooit het hernubare energiebronne wêreldwyd meer krag in die eerste helfte van die jaar opgewek as steenkool. Volgens nuwe data van die wêrelddinkskrum Ember, het die wêreld byna ‘n derde meer sonkrag in die eerste helfte van die jaar opgewek vergeleke met dieselfde tydperk in 2024, wat in 83-persent van die […]