Starc terug in Aussie-eendagspan vir Indië-reeks - October 7, 2025

Krieket: Die ervare snelbouler Mitchell Starc is in Australië se eendagspan ingesluit vir hulle tuisreeks teen Indië later die maand. Sy terugkeer is een van vier veranderings aan die span wat verlede maand die eendagreeks teen Suid-Afrika 2-1 verloor het. Die ander spelers wat teruggeroep is, is Matt Short, Matt Renshaw en Mitchel Owen. Marnus […]

Read More

Namibië woon Statebondsparlementêre Konferensie by - October 7, 2025

Namibië se parlement neem tans deel aan die 68ste Statebondsparlementêre Konferensie, wat tot 12 Oktober in Bridgetown, Barbados plaasvind. Die geleentheid bring parlementslede en personeel van regoor die Statebond bymekaar. Die Namibiese afvaardiging sal gelei word deur die Voorsitter van die Nasionale Raad, Lukas Muha. Parlementêre woordvoerder Sakeus Kadikwa het aan Kosmos 94.1 Nuus ‘n […]

Read More

Molefe en kie sal verskyn op korrupsieklagte - October 7, 2025

Die voormalige uitvoerende hoof van Transnet, Brian Molefe, sal na verwagting in die hof verskyn in ‘n korrupsiesaak van miljoene rande wat verbind word met onreëlmatige lokomotiefkontrakte. Die Palm Ridge Gespesialiseerde Handelshof in Gauteng het die saak tot 18 November uitgestel vir die indiening van ‘n aanklag. Die woordvoerder van die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie, Henry […]

Read More

Twee jaar in Gaza: Guterres sê partye moet hoop kies - October 7, 2025

Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, sê ‘n permanente wapenstilstand in Gaza en ‘n geloofwaardige politieke proses is noodsaaklik om verdere bloedvergieting te voorkom en die weg vir vrede te baan. Vandag is die tweede herdenking van die Hamas-geleide terreuraanvalle op die suide van Israel, wat 1 200 mense dood gelaat het, terwyl 251 […]

Read More

Lula en Trump sal vergader - October 7, 2025

Die Brasiliaanse president Luiz Inacio Lula da Silva en sy Amerikaanse eweknie Donald Trump het ooreengekom om kort na ‘n vriendelike video-oproep persoonlik te vergader wat die vooruitsigte vir ‘n verbetering in bilaterale betrekkinge wat op hul ergste in dekades is, versterk. Trump het op sosiale media gesê dat die oproep “baie goed” was, met […]

Read More

Seksoortreder-register is onnodig - October 7, 2025

Reaksie word ontvang op die nuus dat ‘n register vir seksoortreders ingestel sal word met die hof wat sal bepaal hoe lank oortreders op die register bly. Toegang tot die register sal deur klaringsertifikate verkry word om die veiligheid en waardigheid van betrokkenes te beskerm. Kosmos 94.1 Nuus het met Civic+264 se direkteur, Ethne Mudge […]

Read More

LPO lewer kritiek oor verpolitisering van landbou - October 7, 2025

Die Lewendehawe Produsente Organisasie, die LPO, het meer as 2 miljoen Namibiese dollar bestee om sy vee-uitvoerstatus te beskerm na Job Amupanda se rooilynsaak. LPO-voorsitter Jako van Wyk het hoop uitgespreek dat die probleem nou opgelos is, maar gewaarsku dat die verpolitisering van die landbousektor steeds Namibië se ekonomie benadeel en duisende werksgeleenthede binne die […]

Read More

Groenammoniak: Kenner sê dis ‘n bose kringloop - October 7, 2025

Namibië se vlagskip groenammoniak-projek, Hyphen, het ‘n knou gekry nadat die Duitse nutsmaatskappy RWE uit ‘n groot voorsieningsooreenkoms onttrek het. Die regering besit 24 persent aandeel in die projek. Energiekenner Chris Yelland het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die wêreldwye groenwaterstofbedryf groeipyne beleef. Hy sê die sektor is vasgevang in ‘n siklus waar lae […]

Read More

Namdia v G4S kom voor vir saakbeplanning - October 7, 2025

Namdia se 314 miljoen Namibiese dollar se dagvaardiging teen G4S kom vanmiddag voor regter Lotta Ambunda voor vir saakbeplanning na G4S aangedui het hy wil aansoek doen vir eksepsie. Die kern van Namdia se eis berus op bewerings dat G4S sy kontraktuele verpligtinge verbreek het en nalatig was in die verskaffing van sekuriteitsdienste. Spesifiek lui […]

Read More

Kombat twee dae sonder water, inwoners sal dalk nog twee weke wag - October 7, 2025

Cenored het ‘n kontrakteur uitgestuur om elektrisiteitsverbindingsprobleme in Kombat op te los. Inwoners is sedert Donderdag sonder lopende water, as gevolg van ‘n gebrek aan elektrisiteitstoevoer na waterpompe. Kosmos 94.1 Nuus verneem dat watertoevoerprobleme in Januarie begin het na die sluiting van die Kombat-myn, wat gratis water aan die gemeenskap verskaf het. Intussen het ‘n […]

Read More