Beauden sal teen November fiks wees - October 7, 2025
Die All Blacks-losskakel, Beauden Barrett, behoort fiks te wees om in November na die noordelike halfrond te reis nadat hy van ‘n skouerbesering herstel het. Die stut Ethan de Groot en vleuel Caleb Clarke is ook terug van beserings, maar die veelsydige voorspeler Tupou Vaa’I, vleuel Emoni Narawa, skrumskakel Noah Hotham en stut Tyrel Lomax […]
McNab waarsku oor stamgebondenheid - October 7, 2025
Die goewerneur van die Hardap-streek, Riaan McNab, doen ‘n beroep op inwoners om hulself te weerhou van stam- en streeksgebondenheid. Dit is te midde van dreigemente deur inwoners van Mariental om onderhoude by die dorp se kantoor van die gesondheidministerie te staak nadat hulle beweer het dat die ministerie kandidate van ander streke vir plaaslike […]
Lesufi was nalatig met korrupsie-ondersoek – DA - October 7, 2025
Die DA in Gauteng beskuldig premier Panyaza Lesufi dat hy swak toesig gehou het oor die township-elektrifiseringsprogram wat deel is van 64 miljoen Suid-Afrikaanse rand korrupsie-skandaal wat deur die Valke ondersoek word. Die provinsiale leier van die DA, Solly Msimanga, sê miljoene is betaal aan ‘n kontrakteur vir 81 transformators, veel minder as wat aangedui […]
Skildery gesteel uit Farao se graf - October 7, 2025
‘n Kalksteen-faraoniese skildery het vermis geraak uit Egipte se beroemde Saqqara-nekropolis. Die skildery was in die graf van Khentika in die nekropolis buite Kaïro. Die graf is in die 1950’s gevind en is nie sedert 2019 oopgemaak nie. Aanklaers ondersoek die omstandighede van die skildery se verdwyning en het geen verdere besonderhede gegee nie. Egiptiese […]
Israelse drukgroep vra dat Trump Vredesprys kry - October 7, 2025
‘n Israelse drukgroep wat hom beywer vir die vrylating van gyselaars in Gaza vra dat die Nobelprys vir Vrede toegeken word aan die Amerikaanse president, Donald Trump, vir sy vasberadenheid om vrede te bewerkstellig in die Midde-Ooste. Die forum skryf in ‘n brief aan die Noorweegse Nobel-komitee Trump het moontlik gemaak wat baie as onmoontlik […]
Agribank dagvaar na geen betaling in 12 jaar gemaak is nie - October 7, 2025
Agribank dagvaar Benestus Marenga, ‘n werknemer by die Kantoor van die Eerste Minister, vir amper 318 000 Namibiese dollar en eis sy eiendom in Doradopark op. Die bank het 212 000 dollar aan Marenga in Januarie 2013 geleen vir veeaankope. Die lening was oor tien jaar betaalbaar maar hy het nooit ‘n enkele betaling gemaak […]
ANC verbind hom aan swartbemagtiging - October 7, 2025
Die nasionale uitvoerende komitee van die ANC het sy verbintenis aan Swart Ekonomiese Bemagtiging herbevestig as ‘n sleutelinstrument om vorige ongeregtighede aan te spreek en huidige ekonomiese ongelykhede te verminder. Die party het sy spesiale NUK-vergadering in Boksburg, in Ekurhuleni, Gauteng, gister afgesluit. In sy slotopmerkings het party-president Cyril Ramaphosa beklemtoon dat transformasie ‘n deurlopende […]
Soedan-guerrilla skuld by Strafhof - October 7, 2025
Die Internasionale Strafhof het ’n gevreesde Soedanese guerrilla-leier skuldig bevind aan oorlogsmisdade en misdade teen die mensdom tydens wrede aanvalle in Darfur tussen Augustus 2003 en April 2004. Ali Muhammad Ali Abd-Al-Rahman, ook bekend as, Ali Kushayb, is skuldig bevind aan verskeie misdade insluitende verkragting, moord en marteling. Hy sal op ‘n latere datum gevonnis […]
VSA-regeringsluiting: Daar’s geen samesprekings nie - October 7, 2025
Die Demokratiese leier van die Senaat, Chuck Schumer, het president Donald Trump se bewering verwerp dat onderhandelinge met sy party aan die gang is. Twee voorstelle om die regering te befonds, een van die Demokrate en een van die Republikeine, het albei Maandagaand in die Senaat misluk. Dit beteken die regering se afsluiting duur nou […]
Daures is in werklikheid ‘n wêreld erfenisterrein – kenner - October 7, 2025
Reaksie word ontvang op die besluite van die 22ste kabinetsvergadering waarvolgens Namibië regmaak om sy derde erfenisterrein te registreer by Unesco. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Peter Cunningham gepraat oor die registrasie van Daures, bekend as Brandberg, as wêreld-erfenisterrein. Intussen word daar berig dat talle kleinskaalse myners by Brandberg verwyder moet word omdat hulle dan […]