Gobabis gasheer vir Shell V-Pwer M+Z tydren die naweek  - October 7, 2025

Die vyfde en voorlaaste nasionale tydren kampioenskappe vind die naweek in Gobabis plaas. Daar is 16 spanne in die Shell V-Power M+Z tydren ingeskryf wat mekaar die stryd in beide die S- en CR-klasse sal aansê. Francois Lottering van Motor Media Namibia het meer. 

Read More

Voorskou op skuldvlakke onder Namibiërs - October 7, 2025

Die Namibiese Statistieke-agentskap is besig met sy finansiële inklusiwiteit opname, en die laaste opname in 2017 het skokkende patrone onthul. Cirrus het in ‘n ontleding daarvan bevind dat die hoofrede vir lenings was om kos te koop. Dit was die geval vir 42 persent van respondente, terwyl 18 persent gesê het hulle lenings was vir […]

Read More

Net meer as 4,2m kubiek uit damme onttrek - October 7, 2025

Geringe verdere invloei is aangeteken by Neckartaldam in die afgelope week. NamWater se jongste dambulletin toon dat net minder as 1,5 miljoen kubiek is ontvang. Bronne vir die Suide staan op 88,8 persent met Hardap op 62,7 persent na 2,4 miljoen kubiek die week benut is. Naute is op 91,3 persent en Oanob op 68,2 […]

Read More

Groot frustrasie met seekoei stropery by die Okavango - October 7, 2025

Daar is weer ‘n seekoei by die Okavangorivier gestroop. Die karkas is aan die Angolese kant gevind en Namibiërs het oorbeweeg om die vleis te oes. Hulle is deur Angolese owerhede gearresteer. Mark Paxton van die nabygeleë Shamvura Camp sê hulle het al met die omgewingministerie gepraat en volgens die ministerie kan Namibië niks doen […]

Read More

Damprook ‘n bron van kommer vir WGO - October 7, 2025

Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê e-sigarette dryf ‘n ontstellende nuwe golf van nikotienverslawing aan, met miljoene kinders wat tans verslaaf is aan damprook. Lande wat die data kan verskaf, toon kinders is gemiddeld nege keer meer geneig as volwassenes om e-sigarette te rook. Die VN se gesondheidsagentskap sê die bedryf bevorder damprook as minder skadelik as sigarette, […]

Read More

Coetzee kry sewe jaar tronkstraf - October 7, 2025

Die 53-jarige Maria Johanna Coetzee, ‘n voormalige finansiële bestuurder van die Windhoek Internasionale Skool, is ‘n vonnis van sewe jaar effektiewe tronkstraf opgelê. Waarnemende regter Makapa Simasiku het haar vroeër in die Windhoek hoërhof skuldig bevind op 19 aanklagte van bedrog, diefstal en geldwassery. Sy het tussen Maart en Oktober 2018 2,8 miljoen Namibiese dollar […]

Read More

Buitelandse vragmotorbestuurders in KZN aangekla, onveilige voertuie - October 7, 2025

Buitelandse vragmotorbestuurders is aangekla, en verskeie vragmotors met verslete bande is in beslag geneem na padveiligheidsinspeksies in KwaZulu-Natal. Owerhede sê die optrede teiken onveilige voertuie wat lewens op Suid-Arikaanse paaie in gevaar stel. Woordvoerder van die Departement, Ndabezinhle Sibiya, sê die bestuurders staar regstappe in die gesig, terwyl die gehokte vragmotors nie na die pad […]

Read More

Tweede herdenking van Gaza-oorlog te midde van samesprekings - October 7, 2025

Dit is vandag twee jaar sedert Hamas Israel op 7 Oktober 2023 aangeval het, en indirekte samesprekings oor ‘n finale ooreenkoms oor ‘n Amerikaanse vredesplan om die oorlog in Gaza te beëindig, het Maandag begin. Egiptiese en Katari-amptenare sal afsonderlike vergaderings hou met afvaardigings van Israel en Hamas in die Egiptiese stad Sharm El-Sheikh. Palestynse […]

Read More

Nobelprys vir Medisyne toegeken - October 7, 2025

Vanjaar se Nobelprys vir Medisyne is toegeken aan ‘n Japanese en twee Amerikaanse wetenskaplikes wat ontrafel het hoe die immuunstelsel die menslike liggaam beskerm teen duisende verskillende mikrobes wat dit probeer binnedring. Mary E. Brunkow, Fred Ramsdell en Shimon Sakaguchi deel die prys vir die identifisering van regulerende T-selle wat as die immuunstelsel se veiligheidswagte […]

Read More

Sankwasa besoek Okahandja, inwoners wil Red Force weg hê - October 6, 2025

Stedelike en landelike ontwikkeling-minister James Sankwasa het vanoggend met die Okahandja -dorpsraad vergader om verskeie probleme wat deur inwoners geopper word, aan te spreek. Inwoners kla al lank oor onder meer swak dienslewering en grond-toewysing, en vra dat die dorpsraad ontbind word. Na die vergadering het Sankwasa die gemeesnkap na die stadsaal genooi om hul […]

Read More