Hoogverraadsaak van Tanzanië se Lissu begin - October 6, 2025
Die Tanzaniese opposisieleier Tundu Lissu se verhoor vir hoogverraad open vandag in die hoofstad Dar es Salaam, weke voor die land se verkiesing. Lissu, wat tweede gekom het in die laaste presidensiële verkiesing in 2020, is in April in hegtenis geneem en aangekla van hoogverraad na ‘n toespraak wat owerhede sê die publiek opgeroep om […]
Famous Last Words van Jane Goodall uitgesaai - October 6, 2025
Netflix se reeks, Famous Last Words, doen onderhoude met bekendes met die doel om dit na hulle afsterwe uit te saai. So ‘n onderhoud is met die primatoloog dr. Jane Goodall, wat verlede week op die ouderdom van 91 oorlede is, gedoen en uitgesaai. Sy het ook gesê sy sou Elon Musk, Donald Trump en […]
Nuwe vatbaarheidstudie vir dam in Oranjerivier - October 6, 2025
Die regering het planne vir die Noordoewer-Vioolsdrifdam onlangs laat herleef. Die lynminister Inge Zamwaani sê die koste van die dam beloop net meer as 4 miljard Namibiese dollar en die hoop is om beleggers daarvoor te kry. Intussen is ‘n vatbaarheidstudie reeds tussen 2015 en 2020 voltooi. Die Tender Bulletin berig dat die studie nie […]
Akkerbouraad registreer informele handelaars - October 6, 2025
Die Namibiese Akkerbouraad sê ‘n gebrek aan data oor informele vrugte- en groenteverkopers belemmer pogings om die sektor te reguleer en plaaslike produsente te beskerm. In ‘n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het die Akkerbouraad se tuinbou-ontwikkelingsbestuurder, Emilie Abraham, gewaarsku dat die huidige verkoperdatabasis onvolledig is, wat gapings in toesig laat en boere blootstel aan […]
Die regering is nie ‘n werkskepper nie - October 6, 2025
President Netumbo Nandi-Ndaitwah het by Swapo se bekendstelling van sy veldtog vir die plaaslike owerheidsverkiesing in Walvisbaai onder andere lofliedere gesing oor die Nasionale Jeugfonds wat voorgestel was in die Nasionale Ontwikkelingsplan 6. Vanuit 11 400 aansoeke, het net 42 befondsing gekry. Kosmos 94.1 Nuus het met die politieke ontleder dr. Ndumba Kamwanyah gepraat wat […]
Wetenskaplikes omskep velselle in eierselle - October 6, 2025
Menslike velselle kan eendag gebruik word om funksionele menslike eiers te skep in ‘n stap om vroue te help om hul eie genetiese kinders te hê wanneer hul natuurlike eiers wanfunksioneel is. Die proses behels die verwydering van die kern van ‘n vrou se velsel en die invoeging daarvan in ‘n eiersel, of oösiet, waaruit […]
Khomas se belastingbetalersvereniging neem in November deel - October 6, 2025
Die Khomas Belastingsbetalers- en Inwonersvereniging word toegelaat om hulle hoed in te gooi vir die plaaslike owerheid verkiesings. Die Verkiesingskommissie het die groep toestemming gegee om met ander politieke partye mee te ding hierdie komende verkiesing wat in November gaan plaasvind. Kosmos 94.1 Nuus het met die groep se woordvoerder Shaun Gariseb gepraat.
SAMV breek bande met Israel se mediese vereniging - October 6, 2025
Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging, die SAMV, het alle professionele en bilaterale betrekkinge met die Israelse Mediese Vereniging opgeskort. Die SAMV sê sy Israelse eweknie moet uit die Wêreld Mediese Vereniging verban word weens sy optrede te midde van die humanitêre krisis in Gaza. Die skorsing sal voortduur totdat die Israelse Mediese Vereniging die vrylating van […]
Earthshot 2025 het 15 finaliste - October 6, 2025
Vyftien finaliste vir die vyfde Earthshot-toekennings is aangekondig. Die jaarlikse kompetisie, wat in 2020 deur Prins William van stapel gestuur is, erken innoveerders wat oplossings uitdink vir die wêreld se dringendste omgewingsprobleme. Vanjaar se finaliste sluit in ‘n eerste mikroplastiekfilter, die wêreld se eerste wolkekrabber wat geheel en al opwaarts herwin is en die grootste […]
Pous sê dis ‘n Christen se plig om migrante te beskerm - October 6, 2025
Pous Leo XIV het Katolieke gevra om te kies tussen God en geld, sowel as geregtigheid en ongeregtigheid. Hy het op die eerste dag van die Jubileum van Migrante en die Sendingwêreld, op Sint Pietersplein gepraat. Meer as 40 000 pelgrims was teenwoordig. Die pous sê dat mense God se gawes moet gebruik om ‘n […]