Talle dwelmbeslagleggings oor die naweek - October 6, 2025
Dwelms bly ‘n wesenlike probleem in die land. Die polisie sê ‘n 27-jarige Namibiese man is vas nadat hy by ‘n mini-padblokkade in ‘n minibus-taxi by Aroab voorgekeer is met dagga ter waarde van 10 000 Namibiese dollar. Ook op Aroab is twee dagga-plantasies gevind en ‘n man, 42, sal vandag in die hof verskyn. […]
Geestesgesondheid is ‘krisis’ in onderwys - October 6, 2025
Die onderwysministerie het amptelik die Onderwysers se Geestesbewustheidsveldtog van stapel gestuur, ‘n eerste-van-sy-soort-inisiatief in Namibië. Dit staan as ‘n dapper daad van solidariteit met opvoeders wat die toenemende tol van emosionele uitputting, finansiële druk en gebrek aan geestesgesondheidsondersteuning aanspreek wat onderwysers landwyd in die gesig staar. Chamelida Kaiser, die voorsitter van die veldtog, het kommer […]
ANC werk aan ambisieuse ekonomise herstelplan - October 6, 2025
Die ANC se nasionale uitvoerende komitee is besig met ‘n ambisieuse ekonomiese aksieplan wat daarop gemik is om Suid-Afrika se ekonomie te verbeter. Die voorsitter van die subkomitee vir ekonomiese transformasie, Zuko Godlimpi, sê die plan, wat deur ANC-president Cyril Ramaphosa uiteengesit sal word, is van kritieke belang vir ekonomiese groei. Hy sê ‘n bloudruk […]
Amerikaners blameer Republikeine vir sluiting - October 6, 2025
‘n CBS News/YouGov-peiling het bevind dat 39-persent van Amerikaners vir president Donald Trump en Republikeine in die Kongres die meeste blameer vir die federale regering se afsluiting. Die dooiepunt gaan hoofsaaklik oor verbeterde Obamacare-subsidies, wat Demokrate sê nou aangespreek moet word, maar die Republikeine voer aan die debat moet wag tot aan die einde van […]
Coenie en kie verskyn weer vandag - October 6, 2025
Coenie Botha en sy vrou Charlotte Murove sal weer vandag in die laerhof in die hoofstad verskyn op klagte van bedrog van 163 miljoen Namibiese dollar, 31 aanklagte van die bedryf van ‘n bankbesigheid sonder magtiging, 31 aanklagte van geldwassery en ‘n aanklag van die bedryf van ‘n Ponzi-skema. Die twee het in Januarie onskuldig […]
SA kort nie ‘n swetterjoel partye nie - October 6, 2025
Die leier van Build One South Africa, Mmusi Maimane, sê daar is ‘n dringende behoefte aan verandering, aangesien die land nie die beste gedien word deur soveel verskillende partye te hê nie. BOSA het kragte saamgesnoer met die GOOD-party en RISE Mzansi om een politieke party, Unite for Change, te vorm wat aan die plaaslikeverkiesing […]
Gaza-onderhandelings moet nie sloer nie - October 6, 2025
Die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, sê Israel moet ophou om Gaza te bombardeer sodat Hamas uiteindelik gyselaars kan vrylaat en die oorlog beëindig. Afvaardigings van Hamas, Israel en die VSA sal vandag samesprekings in Egipte voer in die hoop om ‘n ooreenkoms te finaliseer gebaseer op president Donald Trump se 20-punt-wapenstilstandplan vir […]
Sinner onttrek in Shanghai - October 6, 2025
Die verdedigende kampion Jannik Sinner is gedwing om in die derde ronde van die Shanghai Meesters weens ‘n beenbesering te onttrek. Die Italianer het pyn in die derde stel ondervind voor hy besluit het om nie voort te gaan nie, na hy met 2-3 in die derde stel teen die Nederlander Tallon Griekspoor agter was. […]
Etosha: Diere wat park gevlug het hou gevaar in - October 6, 2025
Daar is kommer in dele van die Omusati-, Oshana- en Oshikoto-streke na die verwoestende brand in Etosha Nasionale Park. Inwoners word gewaarsku dat diere wat die brande gevlug het, ‘n gevaar vir inwoners kan inhou. Dinge word in Omusati vererger as gevolg van die voortdurende brande en goewerneur Immanuel Shikongo sê ten spyte van hulle […]
SA registreer hommeltuie, vir ondersoek na vrag-waardeketting - October 6, 2025
Die Departement van Vervoer stel voor dat afstandbeheerde vliegtuigstelsels in Suid-Afrika geregistreer word. ‘n Woordvoerder, Collen Mnisi, sê die voorstel, wat deel is van ‘n breër lugvragstrategie, is oop vir openbare kommentaar tot 6 November. Hy het aan Newzroom Afrika gesê die doel is om hommeltuie se potensiële rol in die vrag-waardeketting te ondersoek, insluitend […]