Everest: 350 stappers gered, 200 wag nog - October 6, 2025
Nagenoeg 350 stappers wat deur ‘n sneeustorm in Tibet aan die hange van Berg Everest gestrand gelaat is, is na veiligheid gelei. Dit volg nadat swaar sneeu die naweek oor die Himalajas uitgesak het. Amptenare sê nagenoeg 200 stappers wat steeds naby die oostelike Kangshung-hang van Everest gestrand is, is in verbinding met redders en […]
MacIntyre wen Alfred Dunhill Links - October 6, 2025
Robert MacIntyre van Skotland het ‘n ses-onder 66 aangeteken om ‘n oorwinning met vier houe by die Alfred Dunhill Links-kampioenskap in gure weer te behaal. Die derde ronde is Saterdag weens stormagtige weer uitgestel en die toernooi is tot 54 putjies beperk. MacIntyre het op 18 onder baansyfer geëindig om sy vierde DP World Tour-titel […]
Okahandja leer by Swakopmund - October 6, 2025
Alfeus Benjamin, die uitvoerende hoof van die Okahandja-munisipaliteit, en die algemene bestuurders van die Swakopmund-munisipaliteit het verskillende projekterreine besoek om die vordering van ontwikkelings te beoordeel. Die Shack Dwellers Federation se behuisingsterrein is aktief en voltooiing word teen Desember verwag. Intussen is die Wagdaar land-diensprojek 40 persent voltooi, en siviele werke vir uitbreidings 41 en […]
Babstorting in die hoofstad aangemeld - October 6, 2025
Die Windhoek-polisie het ‘n gru-vonds in die hoofstad gemaak na kinders in Dissipelstraat in Marula gespeel het en die oorsprong van ‘n slegte reuk probeer opspoor het. Hulle in die rivierbedding gesoek en ‘n baba, nog in die plasenta gevind, toegedraai in ‘n plastieksak. Geen verdagte is in hierdie stadium geïdentifiseer nie en ‘n polisie-ondersoek […]
GOOD, BOSA en RISE span saam vir verkiesing - October 6, 2025
Die GOOD-party, Build One South Africa, en RISE Mzansi het kragte saamgesnoer om ‘n nuwe politieke party genaamd Unite for Change te stig. Die party sal as ‘n nuwe politieke party by die Verkiesingskommissie registreer om aan die komende 2026-plaaslikeregeringsverkiesing deel te neem. Die drie partye sal steeds onafhanklik bestaan. Die leier van die GOOD-party, […]
Bibi hoop om binnekort goeie nuus oor gyselaars te hê - October 6, 2025
Die Israelse eerste minister Benjamin Netanyahu sê hy hoop om die vrylating van alle gyselaars in Gaza in die komende dae aan te kondig. Dit volg terwyl Israel en Hamas gereed maak vir onderhandelinge oor die VSA-vredesplan om die oorlog in Gaza te beëindig. In ‘n kort verklaring het Netanyahu gesê hy het ‘n afvaardiging […]
Wetenskapfilmfees volgende week op Swakop - October 6, 2025
Die Wetenskapfilmfees word van 14 tot 25 Oktober by die Swakopmund Museum aangebied. Dit sal films, werkswinkels en interaktiewe wetenskapaktiwiteite aanbied onder die tema “Groen Werkgeleenthede: Vorm die Toekoms Deur Volhoubare Loopbane.” Die fees, wat deur die Goethe-instituut met vennote NaDEET en Ocean Conservation Namibia georganiseer word, poog om nuuskierigheid te prikkel en omgewingsbewustheid onder […]
Fel kritiek op nuwe wet rakende grond - October 6, 2025
Die Vereniging vir Ekonomiese Beleidsnavorsing, Epra, sê in ‘n verslag oor die nuwe wet rakende landbougrond dat ‘n totale verbod op buitelandse eienaarskap van kommersiële landbougrond beleidsrisiko verhoog, kapitaal- en tegnologiebeleggers afskrik en die aandag aflei van die werklike beperkings op produktiwiteit en indiensneming. Kosmos 94.1 Nuus het met Eben de Klerk van Epra gepraat […]
GRN-beleid onderdruk herlewing in toerisme - October 6, 2025
Namibië se toerismebedryf toon tekens van herlewing. Passasiersaankomste het 144 500 in die tweede kwartaal van 2025 bereik, met Julie wat die hoogste maandelikse invloei sedert 2019 aangeteken het. Restaurante het met 7,2 persent gestyg, en sakereise het versterk. Maar regeringsbeleid onderdruk dit by die grens. The Brief berig dat die nuwe visumregime het presies […]
Analiste meen olie kan nog verder daal - October 6, 2025
Die bekende ekonoom Dawie Klopper het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor die skerp daling in oliepryse, wat die vorige week afgesluit het met ‘n daling van meer as 8 persent op net bo 64 Amerikaanse dollar ‘n vat. Die kommoditeit is tans net bo 65 dollar ‘n vat. Tussen Gaza, ‘n nuwe Koerdiese pyplyn […]